NWU Vaaldriehoekkampus verewig in rekordboeke







VANDERBIJLPARK  Die Vaaldriehoekkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) is lank reeds bekend vir sy akademiese uitnemendheid, pragtige natuurskoon en gemeenskapsbetrokkenheid, en eersdaags ook vir 'n inskrywing in die Guinness Book of Records.

Tydens die 2007 Wheels@Vaal-geleentheid (Link: mailto:Wheels@Vaal-geleentheid), is 'n suksesvolle aanslag gemaak op die wreldrekord vir die meeste statiese enjins wat terselfdertyd vir 'n vasgestelde tyd geloop het. 'n Totaal van 205 enjins het vir vyf minute ononderbroke geloop. Statiese enjins dateer terug na die vroe 1900s en is aanvanklik deur boere gebruik om ondermeer water te pomp en krag op te wek, asook later in fabrieke as deel van die vervaardigingsproses. Baie van hierdie enjins het met stoom gewerk en brandstof is eers op n later stadium begin gebruik. Volgens mnr Mauritz Meyer, organiseerder van Wheels@Vaal (Link: mailto:Wheels@Vaal), hou hierdie enjins groot bekoring in vir diegene wat hul versamel en word daar geen tyd of onkoste ontsien om hierdie enjins uit vervlo dae tot hul eertydse glorie te restoureer nie.

Statiese enjins kry veral in Brittanje en Amerika groot aftrek. Een van die meer bekende handelsname vir statiese enjins, Lister, het aan die begin van die eeu in Vereeniging enjins gebou en voer vandag veral kragopwekkers na Suid-Afrika in. Lister SA het as hoofborg vir hierdie rekordpoging opgetree. Volgens mnr Meyer het uitstallers van sover as Carolina, Bela-Bela, Stilfontein, Kroonstad en Johannesburg aan die wreldrekordpoging deelgeneem. Ten einde vir n wreldrekordpoging in aanmerking te kom, moet die poging amptelik by die Guinness Book of Records geregistreer word. Omdat Brittanje nog nie n rekord geregistreer het nie, het die Suid-Afrikaanse versamelaars die sprong geneem en die resultaat is n insluiting in die Guinness Book of Records vir 2009. Die rels het as volg daaruit gesien: die enjins moet in werkende toestand wees en vir vyf minute aanmekaar loop. 'n Notaris sowel as twee beoordelaars was tydens die rekordpoging teenwoordig om toe te sien dat die proses deursigtig afgel word.

 n Sirene het die begin en einde van die rekordpoging aangedui. Op die eerste dag het 184 enjins geloop, terwyl n totaal van 205 op die tweede dag aan die rekordpoging deelgeneem het. Die organiseerders van die rekordpoging, die Vaal Ou Wiele Klub, spog met meer as 250 motorentoesiaste as lede en neem elke jaar aan die suksesvolle motorskou by die Wheels@Vaal (Link: mailto:Wheels@Vaal) deel. Hierdie is die grootste motorskou in sentraal Suid-Afrika en lok elke jaar duisende besoekers.





Die uitstalling van veteraanmotors is elke jaar 'n groot trekpleister by die Wheels@Vaal (Link: mailto:Wheels@Vaal), met uitstallers en motorgeesdriftiges wat van regoor die land kom om die geleentheid by te woon.






Mauritz Meyer (links) en Alan Heyns, voorsitter van die Vaal Ou Wiele Klub met die sertifikaat ter erkenning van die wreldrekord.




Die amptelike sertifikaat ter erkenning van die rekordpoging deur die Guinness Book of Records.



Teenwoordig tydens die viering van die wreldrekord is, van links: Willie Boshoff (Lister SA), Neville Botha (organiseerder van die statiese enjins) en Awie van Wyk (beoordelaar).



'n Voorbeeld van 'n statiese enjin.                                                       

