Personeellid van die NWU stap 90 km vir kinders






Mnr Cobus Steenkamp, n sake-ontleder van die Projek-kantoor in die Institusionele Kantoor van die Noordwes-Universiteit (NWU), beplan om vir die eerste keer die Visriviervallei-staproete van sowat 90 km in sy werkspak met sy aktetas in die hand te voltooi. Die rede  om geld vir nuwe beddens en matrasse vir die Abraham Kriel-kinderhuis in Potchefstroom in te samel.

Mnr Steenkamp is deur sy selgroep van die Nederduitse-Gereformeerde Kerk Grimbeekpark by die Abraham Kriel-kinderhuis betrokke. Al die kinderhuis se beddens en matrasse moet vervang word, en om geld hiervoor in te samel, het hy besluit om die Vis  soos die staptog ook bekend staan  in sy werksklere aan te pak.

Volgens mnr Steenkamp het hy aan maniere begin dink oor hoe om dit die moeite werd te maak nadat hy gehoor het hy kan die roete van 3 tot 7 Augustus saam met Potchefstroom se voetslaanklub stap.
As sy voete net hou in n paar gemaklike werkskoene, voorsien hy nie probleme om die roete te voltooi nie. Hy beplan om sy enkels met bre kleefband (duct tape) te stut.  My skoenpolitoer gaan ook saam. Ek beplan nie om met vuil skoene in Ai-Ais aan te kom nie, s mnr Steenkamp.

Alles wat hy op die roete mag nodig kry, moet boonop in sy aktetas pas. n Leatherman, waterhouer, sakbybel, kleefband (duct tape), twee onderbroeke, n paar kouse, omgewingsvriendelike seep, n koppie en piering (vir oggendtee), gedroogde kos, n tandeborsel en n skeermes, skoenpolitoer, n rol toiletpapier, n silwer noodkombers, pleisters, inspuiting en jodium (vir blase) maak sy staptoerusting uit.

Volgens mnr Steenkamp beplan hy nie om n las vir sy medestappers te wees nie. Hy het n beginselbesluit geneem om nie by hulle kos te bedel of komberse te vra nie. As dit warm genoeg is, sal sy baadjie as kussing ingespan word. n Sonbril en hoed moet bedags die son se strale van sy gesig wegkeer. En ja, hy sal sy das n bietjie losmaak en sy baadjie oor sy skouer gooi as dit te warm raak.

Mnr Hennie Knell, stapleier, het ges hy weet nie of hy moet lag of worry of huil oor mnr Steenkamp se planne nie. Hy oorweeg dit om hom om te praat om liewer in behoorlike stapskoene te stap.
Me Catharien Saayman, hoof van Abraham Kriel-kinderhuis in Potchefstroom, het ges die kinders se matrasse is gedaan, en pogings om die beddens reg te maak is nie meer n opsie nie. Nog sowat R88 000 is nodig vir die vervanging.

Ons is verheug dat iemand soveel omgee om, soos die spreekwoord lui, letterlik en figuurlik n tweede myl vir ons te stap, het me Saayman ges. Vir navrae en rekeningbesonderhede skakel gerus vir mev Lanie Crewe by 084 511 1651.
Oorspronklike storie: Linda de Beer




Mnr Cobus Steenkamp wat met sy werkspak en aktetas in die hand die Visriviervallei gaan aanpak om geld vir die Abraham Kriel-kinderhuis in Potchefstroom in te samel.                                                          

