Raadsnuus persverklaring








Die Raad van die Noordwes-Universiteit het op 26 November 2004 eenparig vir dr Ntate Daniel Kgwadi as die nuwe kampusrektor van die Mafikeng-kampus aangewys met ingang
1 Januarie 2005.



Dr Kgwadi het n doktorsgraad in Fisika - Opvoedkunde en is n senior bestuurder by die Nasionale Kernkragreguleerder. Benewens sy uitgebreide onderrig- en navorsingservaring by verskeie tersire instellings, was hy ook voorheen hoof van Fisika by die voormalige Universiteit van Noordwes waar hy ook n SR-lid was in sy studentedae. Hy was verder hoof van Fisika by die Vaal Universiteit van Tegnologie en het n MPhil-graad in Eiendomsreg van die Universiteit van die Noorde.

In antwoord op wat sy piroriteite vir die kampus is, het Dr Kgwadi aangedui dat sy wens is om studente eerste te stel, personeel te ondersteun, interdissiplinre programme te fasiliteer, sigbaarheid van die Universiteit te bevorder en venootskappe tussen die Universiteit en die regering en industrie te bevorder.

Volgens dr Theuns Eloff, Visekanselier en lid van die Raadskomitee wat die proses om n kampusrektor aan te stel gefasiliteer het, was die komitee baie bendruk met dr Kgwadi se ryke ondervinding, sy uitslae in die toetsingsproses en sy visie vir die kampus. Hy het ook aangedui dat die Raad opgewonde is om vir Kgwadi as deel van die instelling te h.

Die nuut aangestelde senior bestuur van die saamgesmelte instelling het nou nege lede waarvan vier van die aangewese groepe is.

