Olimpiese roem vir die NWU






POTCHEFSTROOM  Mnr Terseus Liebenberg, atletiekbestuurder van die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU), is aangewys as die gooie-afrigter van die nasionale atletiekspan wat aan die Olimpiese Spele in Beijing gaan deelneem.

Mnr Liebenberg, wat spog met n rits prestasies onder sy atlete, en nog n NWU-Puk, Justine Robbeson, huidige Suid-Afrikaanse en Afrika-rekordhouer in vrouespiesgooi, het onlangs saam met die ander atlete vir n oefenkamp van tien dae  na Korea vertrek. Daarna sal hulle op 13 Augustus in Beijing aankom om hulle staal te wys.

Benewens me Robbeson, wat tans sewende op die ranglys van vrouespiesgooiers wreldwyd is en spog met n afstand van 63,49 m, het mnr Liebenberg al talle atlete help slyp om as kampioene uit te troon.

Onder hulle is Marius Corbett, die skitterspiesgooier wat met sy afstand van 88,75 m steeds die Suid-Afrikaanse en Afrika-rekord hou.  Mnr Corbett was Suid-Afrika se eerste baan- en veldatleet wat tydens die Olimpiese Spele in 1997 in Athene n wreldkampioen geword het. Hy het die jaar daarna die kampioen op die Statebondspele geword. Hy was in 1994 die junior wreldkampioen en het in die jaar wat hy die goue medalje op die Olimpiese Spele verower het, ook die wreldstudente-titel ingepalm.  Hierbenewens het mnr Liebenberg in 2000 nog n ster opgelewer toe Hardus Pienaar die junior wreldkampioen in spiesgooi  geword het.

Mnr Liebenberg, wat in 1993 by die NWU-Puk aangesluit het, s dit is vir hom n groot eer om Suid-Afrika en die NWU by die Olimpiese Spele te gaan verteenwoordig. Ek en Justine gaan alles in ons vermo doen om goeie ambassadeurs vir die universiteit en die land te wees. Ons is dankbaar vir die geleentheid, s hy.

? Nog n atleet van mnr Liebenberg, Sunette Viljoen, is tans nie in die span nie, maar daar word nog onderhandel oor haar moontlike insluiting. Sy is voorverlede jaar se Statebondspele-kampioen in spiesgooi. Ockert Celliers (400 m-hekkies), die ander atleet wat die kwalifiserende standaard behaal het, is nie in die finale span nie.
? Lesl-Ann George is ingesluit by die Suid-Afrikaanse hokkiespan wat aan die spele gaan deelneem, terwyl Ian Symons, wat vir die NWU-Puk-klub speel, lid van die manshokkiespan is.



Mnr Terseus Liebenberg, atletiekbestuurder van die NWU, is aangewys as die gooie-afrigter van die nasionale atletiekspan wat aan die Olimpiese Spele in Beijing gaan deelneem.

