NWU stel studente in staat om aflyn te studeer






Sakai Solo, n nuwe produk wat deur die Noordwes-Universiteit (NWU) in samewerking met UNISA en Psybergate ontwikkel is, kan die antwoord wees vir studente wat sukkel om aanlyn te studeer as gevolg van ho internetkostes en gebrekkige bandwydte.  Die ontwikkeling van Sakai Solo is genisieer en word deur die institusionele departement Inligtingstegnologie-sentraal (ITS) en Akademiese Steundienste (AS) van die NWU bestuur.

Afgevaardigdes van ITS en AS het onlangs n Sakai-konferensie in Frankryk bygewoon, waar hulle met groot sukses Sakai Solo aan die Sakai-gemeenskap bekend gestel het.  Volgens mnr Boeta Pretorius, IT-bestuurder Toepassings en Navorsing, kan Sakai Solo help om n meer positiewe leerervaring vir studente te skep deur hul die geleentheid te gee om hulle studies aflyn te doen gedurende periodes wat hulle nie internettoegang het nie.  Met Sakai Solo hoef studente slegs vir kort periodes aan die internet te koppel om hul studiemateriaal na n plaaslike rekenaar af te laai, asook vir deelname aan aanlyn-leeraktiwiteite soos groepsbesprekings.

Ons het n tegniese demonstrasie van Sakai Solo tydens die konferensie aangebied en is met geweldige belangstelling en toejuiging begroet.  Selfs die Europese lande wat nie bandwydteprobleme ervaar nie, het belang gestel, aangesien dit ook hulle werkprosesse kan revolusioneer, s mnr Pretorius.

Sakai is n wreldwye inisiatief om e-studie en samewerkings-sagteware te ontwikkel, en word deur n stigting bestuur. Die raadslede van die Sakai Stigting  was ook baie bendruk en opgewonde, en volgens Michael Korcuska, die Uitvoerende Direkteur van Sakai, is Solo n belangrike kerneienskap vir die toekoms van Sakai.

Sakai Solo is deel van die Sakai e-studie en samewerkingsomgewing wat n gratis en oopbronproduk is wat deur die Sakai-gemeenskap opgebou en in stand gehou word.  eFundi, n stelsel wat ook uit hierdie sagteware bestaan, is ook met sukses as die NWU se e-studie omgewing gemplementeer.  eFundi stel studente in staat om aanlyntoegang tot hul studiemateriaal te kry, asook in n verskeidenheid leeraktiwiteite deel te neem soos die pos van opdragte, lees van kennisgewings, kry van nuttige hulpbronne, ensovoorts.

Volgens mnr Kobus le Roux, eFundi-stelselbestuurder, is die behoefte aan so produk gedentifiseer as gevolg van ho internetkostes en die gebrekkige bandwydte-internetinfrastruktuur in Suid-Afrika.  Veral die leerervaring van afkampusstudente kan nadelig benvloed word, aangesien baie van hulle slegs inbel-toegang tot die internet het.

Die NWU het die inisiatief geneem en die spesifikasies vir die stelsel opgestel. Hulle bestuur die projek in samewerking met UNISA, terwyl Psybergate vir die eintlike programmering verantwoordelik is.  Sakai Solo is tans in die finale ontwikkelingsfases, en n loodsprojek sal tydens die tweede semester van hierdie jaar deur die NWU geloots word.  Die volledige bekendstelling sal in Januarie 2009 plaasvind.

Indien jy meer van Sakai Solo wil weet, kontak asseblief vir Boeta Pretorius by (018) 299 2138.



Mnr Kobus le Roux, eFundi-stelselbestuurder by die NWU, en mnr Louis Botha van Psybergate met Sakai Solo in die agtergrond.

