NWU-Puk-koor neem aan gesogte kompetisie in Oostenryk deel






POTCHEFSTROOM - Die NWU-Puk-koor van die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) het onlangs die algehele vyfde plek tydens n internasionale koorkompetisie in Oostenryk verower.

Tussen 60 en 80 kore doen jaarliks aansoek om aan die kompetisie deel te neem, waarvan slegs 12 uiteindelik genooi word.  Die NWU-Puk-koor is ook die enigste koor in Afrika wat uitgenooi is, en het vir die derde keer vanjaar deelgeneem en het al in 1993 n algehele tweede plek en n publicums-prys met hulle optrede verdien.

Altesaam 45 koorlede het op 24 Junie op die toer na Hongarye, Oostenryk, Duitsland, Nederland en die Tsjeggiese Republiek vertrek, waar hulle ook verskeie uitvoerings gehou het. Die kompetisie in Spittal, Oostenryk, word sedert 1964 by die Porcia-kasteel aangebied en meer as 400 kore het oor die jare aan die kompetisie deelgeneem.

Die Rektor van die Potchefstroomkampus, prof Annette Combrink, wat in di tyd op n amptelike besoek aan die Universiteit van Suid-Bohemi in Tsjeggi was, het ook van die konserte bygewoon. Volgens mnr Peet Ryke, toerleier, kan die NWU baie trots wees op hierdie groep talentvolle studente, aangesien hulle werklik die ander Europese lande laat regop sit en kennis neem het van hul uitsonderlike vermons.



Die bekende afrigter van die NWU-Puk-koor, prof Awie van Wyk, tussen sy koorlede.

