MBAstudente word beloon vir harde werk






POTCHEFSTROOM - 49 studente van die Potchefstroomse Besigheidskool (PBS) aan die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) het onlangs tydens `n prestigegeleentheid hulle Meestersgraad in Besigheidsadministrasie (MBA) ontvang.

Volgens me Marilize Minne, skakelbeampte van die PBS, het die aand aan mnr Aldeon Barend Grobler behoort, wat as die student met die beste akademiese uitslae oor die drie MBA-studiejare aangewys is. Die Old Mutual Goue Medalje is aan hom toegeken vir hierdie uitsonderlike prestasie.  Mnr Marius Bezuidenhout van Old Mutual se Klerksdorp-tak het die oorhandiging waargeneem.

Me Juanita Esther Erasmus is aangewys as die toppresteerder in die sesde semester met n gemiddeld van 77%, en het n silwer medalje van die Professional Provident Society (PPS) ontvang.  Mnr JC Vorster, die verteenwoordiger van die PPS-tak in Potchefstroom het die medalje oorhandig.

Die MBAgraduandidinee was n aand van feesvieringe, goeie herinneringe en afskeid, het me Minne ges. Verskeie studente is by di geleentheid vir hul uitmuntende prestasies en harde werk oor die drie jaar beloon, het sy bygevoeg.

Altesaam 100 gaste, insluitend studente, PBS-personeel en alumni het die spoggeleentheid bygewoon. Van die 49 MBA-grade is agt grade op die Vaaldriehoekkampus verwerf. Sertifikate vir die beste prestasie op verskeie vakgebiede is ook aan graduandi oorhandig.

Volgens me Minne sal PBS voortgaan om professionele bestuurders van ho kwaliteit op te lei om op hierdie wyse ook n bydrae tot die ontwikkeling van die landsekonomie in Suid-Afrika te lewer.

Kontak asseblief me Minne by (+27-18) 299 1419 vir meer inligting oor die Potchefstroomse Besigheidskool.





Aldeon Grobler het die Old Mutual Goue Medalje as die student met die beste akademiese uitslae oor die drie MBA-studiejare gewen.




49 studente van die Potchefstroomse Besigheidskool (PBS) het onlangs tydens `n prestigegeleentheid hulle Meestersgraad in Besigheidsadministrasie (MBA) ontvang. In die voorste ry van links na regs is Marietjie Grobler, Corlea Pearce, Frances Wright, John Beneke, Juanita Erasmus, Marelize Joubert, Inge Potgieter, Deon Grobler en Louis Swanepoel.  In die tweede ry van links na regs is Michelle van Tonder, Anneri Haasbroek, Leon Haasbroek, Lana Marais, Francois Breedt en Yvette Brits.  In die derde ry van links na regs is Lourens van Tonder, Kevin Strydom, Henk Heath, Albert Wessels, Les Nel, Rupert Jacobs, Hendrik Vorster, Elize van den Heever en Gielie Fourie.  In die agterste ry van links na regs is Le Roux Louw, Flip van Schalkwyk, Emile Marais, Ian Victor, Sidney Farrel en Sias Heyns.



Voor van links na regs is prof Tommy du Plessis, Direkteur van die PBS, mnr Aldeon Barend Grobler, wenner van die Old Mutual Goue Medalje, me Juanita Erasmus, wenner van die PPS-silwermedalje en mnr JC Vorster van PPS.  Agter van links na regs is mnr Marius Bezuidenhout van Old Mutual, waarnemende direkteur prof Willie Coetzee en prof Theuns Eloff, Dekaan: Fakulteit Ekonomiese- en Bestuurswetenskappe.

