NWU Vaal mede-gasheer vir die provinsiale viering van Internasionale Vertaaldag






VANDERBIJLPARK  Die Vaaldriehoekkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) sal as  mede-gasheer optree vir die provinsiale viering van Internasionale Vertaaldag in September, wat as voorloper vir die nasionale verrigtinge op 30 September 2008 in Polokwane, Limpopo sal dien.

Die doel van die dag is om erkenning te gee aan die belangrikheid van vertaling as 'n beroep asook om die vele uitdagings wat gestel word, aan te spreek, het Prof Thapelo Selepe van die Skool vir Tale ges. Volgens Prof Selepe is die Skool genader weens sy noue betrokkenheid by verskeie nasionale taalstrukture. Dit is om di rede dat di dag in samewerking met die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad (PanSAT) Gauteng op die Kampus gehou word, het Prof Selepe bygevoeg.

Die Gauteng streeksviering van wat sedert 1991 as St. Jerome Dag bekend staan, sal op 18 September 2008 in die Lapa op die Kampus plaasvind.

Kontak asseblief Me Christine van Aardt by die Skool vir Tale by (016) 910 3463 vir meer inligting oor die gebeurtenis.

* Skool vir Tale
Oor die afgelope paar jaar het die Skool vir Tale homself gevestig as 'n skool vir tale wat nie net plaaslik nie, maar ook nasionaal erkenning geniet vir taalvoortreflikheid. Die kern van die opleiding en navorsingsaktiwiteite is die taaltegnologie-laboratorium waar studente in die gebruik van rekenaargesteunde vertaalhulpmiddele (CAT), desktop publishing-ontwerp, sagteware en netwerklokalisering, sowel as die ontwerp van televisie-onderskrifte opgelei word. 'n Taalkantoor, Babel, bied indiensopleiding aan studente vanaf derdejaarsvlak en dienste soos vertaling, redigering en uitgewersdienste word teen mededingende tariewe binne die opset van 'n mentorskapprogram gelewer.

* Nasionale erkenning
Die NWU is onlangs deur PanSAT aangewys as die universiteit wat die afgelope tien jaar die meeste bygedra het tot meertaligheid en nasiebou binne die horonderwyssektor. Prof Marlene Verhoef, Institusionele Direkteur: Taaldirektoraat, glo die wyse waarop die Universiteit sy beleid van funksionele meertaligheid toepas, die deurslag gegee het en daartoe gelei dat die Universiteit die toekenning gewen het. Die NWU se Taaldirektoraat het talle kreatiewe en innoverende projekte geloods om funksionele meertaligheid by die Universiteit in die omgewing te bevorder.



Die Vaaldriehoekkampus sal in samewerking met PanSAT as mede-gasheer optree in die provinsiale viering van die Internasionale Vertaaldag. 'n Afvaardiging van PanSAT Gauteng het onlangs die Kampus besoek. Agter van links is: Me PN Gcali sameroeper: vertaling en interpretasie, PanSAT, prof Thapelo Selepi, van die Skool vir Tale, en me T Mmotsa, taalpraktisyn, PanSAT. Voor van links is Dr Ia Esterhuizen, waarnemende Direkteur: Skool vir Tale, me S Maepa, provinsiale bestuurder van PanSAT, prof Marlene Verhoef, Institusionele Direkteur: Taaldirektoraat.

