Donasie bevorder bestuur van NWU se intellektuele eiendom






Die regsfirma, DM Kisch, het onlangs n aansienlike bedrag aan die Noordwes-Universiteit (NWU) geskenk vir die skep, effektiewe bestuur en kommersialisering van sy intellektuele eiendom, insluitend handelsmerke, innovasies en patente.

Mnr Andr van der Merwe, patentespesialis van DM Kisch, het die tjek tydens n patente-seminaar aan prof Annette Combrink, Rektor van die NWU se Potchefstroomkampus, oorhandig. Die seminaar is deur die NWU op die Potchefstroomkampus aangebied en bygewoon deur afgevaardigdes van die Wreldorganisasie vir Intellektuele Eiendom (World Intellectual Property Organisation  - WIPO).

Die geld sal gebruik word deur die personeel van die NWU se Institusionele Regskantoor om nasionale en internasionale konferensies oor intellektuele eiendom by te woon, of om hul eweknie oorsee te besoek ten einde wedersydse kennisuitruiling met betrekking tot intellektuele eiendom te bewerkstellig.

Prof Combrink het daarop gewys dat universiteite n daadwerklike verantwoordelikheid het om dit vir uitvinders moontlik te maak om in die winste van hul uitvindings te deel, maar dit moet binne die raamwerk van n stewige beskermingstelsel vir intellektuele eiendom geskied.



Vanaf links is mnr Frans Kruger, Institusionele Direkteur: Regskantoor, NWU, mnr Andr van der Merwe,  DM Kisch, prof Annette Combrink, Rektor: Potchefstroomkampus, NWU, en prof Francois Venter, Dekaan: Fakulteit Regte, Potchefstroomkampus, NWU.

