NWU-studente slaan tweede internasionale toekenning los






POTCHEFSTROOM  - `n Groep nagraadse studente aan die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Instituut vir Toerisme, Wildlewe-ekonomie en Vryetydstudies het vir die tweede agtereenvolgende jaar die internasionale toekenning vir die beste navorsingsprojek ingepalm.

Volgens prof Melville Saayman, n dosent in toerismebestuur aan die Skool vir Ondernemingsbestuur op di Kampus, het die tien studente teen nege ander internasionale universiteite deelgeneem en die NWU was die enigste tersire instelling uit Afrika wat aan die jaarlikse Internasionale Studente-Toerismekongres deelgeneem het. Die toekenning is n ongelooflike voorreg waarvoor ons baie dankbaar is, het prof Saayman ges.

Die navorsingsprojek waaraan di studente sowat twee maande gewerk het, handel oor aansporingsprogramme vir internasionale maatskappye. Die span het ook n tweede plek met hulle uitstalling oor Suid-Afrika en die NWU verwerf.

Die Internasionale Studente-Toerismekongres bestaan al vir die afgelope 23 jaar en is vanjaar in Oostenryk gehou. Die Instituut het ook verlede jaar tydens n glansgeleentheid in Swede vir die eerste keer met di toekenning weggestap.



Agter is prof Melville Saayman, dosent in toerismebestuur by die Skool vir Ondernemingsbestuur van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus,  mee Martinette Kruger, Lara Engelbrecht, Marna Havenga, Malie Mouton, Adri Dreyer en mnr Pierre-Andr Viviers, ook n dosent in Toerisme- en Vryetydstudies by die Skool vir Ondernemingbestuur, saam met die groep nagraadse studente. Voor is mee Talitha Schoeman, Susan Oberholser, Helga Streicher, Belinda Bouwer en Elicha Jonker.

