Die NWU steun transformasie, sosiale samehorigheid en die uitskakeling van diskriminasie






Die Noordwes-Universiteit (NWU) steun en bevorder die idee van diversiteit, interkulturele harmonie en samewerking ten sterkste, en verwelkom die besoek op 12 Junie 2008 van die ministerile komitee wat menseregte in die hor onderwyssektor ondersoek.

Die Minister van Onderwys het onlangs die komitee gestig om alle vorms van diskriminasie in die openbare hor onderwysinstellings te ondersoek, en om toepaslike aanbevelings te maak om diskriminasie te bekamp en sosiale samehorigheid te bevorder.

In die nastrewing van sy mandaat, nooi die komitee individue, instellings en organisasies met n belang by die transformasie van hor onderwys om skriftelike voorleggings te doen. Die voorlegging moet op organisasies of individue se ervaring van die aard en omvang van diskriminasie in hor onderwys fokus.

Voorleggings kan per e-pos aan HEtransformation@doe.gov.za (Link: mailto:HEtransformation@doe.gov.za) gestuur word of gefaks word aan (012) 328 6029. Individue kan ook mev Babalwa Ntabeni-Matutu by (012) 312 5251/5239 skakel.

Die sluitingsdatum vir voorleggings is 30 Mei 2008. Stuur asseblief voorleggings aan:

Die Sekretariaat
Ministerile Komitee vir Hor Onderwystransformasie
Departement van Onderwys
Kamer 534
Schoemanstraat 123
Sol Plaatje-huis
Privaatsak X895
Pretoria
0001

Die Raad van die Noordwes-Universiteit (NWU) het onlangs sy kommer uitgespreek oor die probleme wat in die land en die hor onderwyssektor met kwessies soos rassisme, seksisme, onverdraagsaamheid, xenofobie, geweld en misdaad ondervind word.  In sy erkenning en waardering van wat in hierdie opsig deur die NWU-gemeenskap gedoen is, het die Raad sy voorneme bevestig om op konstruktiewe wyse by hierdie kwessies betrokke te raak.

Kliek hier (Link: http://www.nwu.ac.za/opencms/export/NWU/html/news/Persvrystellings/press06_a.html) om die persverklaring te lees.

