Bestuur en vakbonde onderteken ooreenkomste






Bestuur en vakbonde onderteken ooreenkomste

Dit het sestien onderhandelingsvergaderings, ure se beraadslaging deur taakspanne en bladsye vol dokumentasie gekos, maar gister kon die Noordwes-Universiteit se bestuur en onderskeie vakbonde s ja, ons stem saam met mekaar. Hulle het die nuwe erkenningsooreenkoms met vakbonde sowel as die institusionele diensvoorwaardes onderteken.



Die erkenningooreenkoms stel die terme van erkenning en funksionering van vakbonde vir alle vakbonde verbonde aan die Universiteit, naamlik NEHAWU, MESHAWU, SAPTU, NTESU en Staff Association volgens die bepalings van die Wet op Arbeidsverhoudinge. Volgens prof. Chris van der Watt, Hoofdirekteur: Menslike Hulpbronne, was die uitdaging om ooreenkomste wat gegeld het in die drie voormalige instellings te vervang met n enkele gemeenskaplike erkenningsooreenkoms. Hierdie ooreenkoms vorm die arbeidsregtelike basis vir alle konsultasie, onderhandelings en interaksie tussen bestuur en personeel op n kollektiewe wyse, het hy ges. Die ooreenkoms kan slegs gewysig word deur wedersydse onderhandelings.

Wat die institusionele diensvoorwaardes betref, is daar ooreengekom op n enkele stel voorwaardes vir alle personeellede. Dit sluit aspekte soos die terme van aanstelling, hantering van intellektuele eiendom, groepvoordeleskemas, verlof en aftree-ouderdom in. Die imple-mentering van hierdie voorwaardes sal in lyn met hersiene personeelbeleid, prosedures en stelsels hanteer moet word vanaf 1 Januarie 2005, het prof. van der Watt ges.

