Nuwe slagspreuk definieer ons unieke eienskap






Innovasie deur diversiteit  die nuwe slagspreuk van die Noordwes-Universiteit (NWU)  sal binnekort die kollig betree met behulp van die bemarking-, kommunikasie- en reklameveldtogte wat daarop gerig is om die nuwe handelsmerk van die Universiteit uit te bou en te versterk.

Die nuwe slagspreuk, wat inpas by die wese van die universiteit se handelsmerk en handelsmerkposisionering, is deur n kompetisie-inskrywing van me Malebo Matlala, n meestersgraad-student op die Potchefstroomkampus, genspireer.

Me Matlala het die kontantprys van R5 000 ontvang vir die voorlegging van n slagspreuk wat die Universiteit se handelsmerk en posisionering weerspiel.

Die slagspreuk is op 22 April 2008 deur die Institusionele Bestuur goedgekeur na n deeglike evalueringsproses van die 231 kompetisie-inskrywings deur die Institusionele Korporatiewe Handelsmerk en Identiteitskomitee (IKHIK) en handelsmerkdeskundige, mnr Gordon Cook van Johannesburg.

Die slagspreuk sal die huidige slagspreuk, Getting it right, Ons doen dit reg, Re dira sentle, vervang en sal op die Institusionele Kantoor en die drie kampusse van toepassing wees.

Die nuwe slagspreuk gee die kern van ons strategiese oogmerk weer, en s dat ons diversiteit inspan en ons studente en personeel toelaat om te wees wie hulle wil om op hierdie wyse ons innoverende gees te verryk, s dr Theuns Eloff, Visekanselier.

Volgens me Phumzile Mmope, Uitvoerende Direkteur: Korporatiewe Sake en Verhoudinge, vat die nuwe slagspreuk die kern saam van dit wat ons binne die hor onderwyssektor en daarbuite onderskei.

