NWU se simultane tolking bevoordeel opvoeding op alle vlakke






Die Noordwes-Universiteit (NWU) is die enigste universiteit in Suid-Afrika waar verskeie vakke met die behulp van simultane tolking onderrig word, en die sosiale voordele van hierdie eksperiment het die Parlement se Onderwyskomitee genoop om voor te stel dat die Universiteit van die Vrystaat (UVS) die praktyk aanvaar nadat rassisme sy aaklige kop vroer vanjaar daar uitgesteek het.  Daarmee saam stel die Departement van Justisie ook in hierdie tegniek belang vir sy hofsale, s dr Theuns Eloff, die Vise-kanselier van die NWU.

Dr Eloff het simultane tolking in werking gesien tydens die Konvensie vir n Demokratiese SA (KODESA) in die vroe 1990s. Ek is nie n linguis nie, maar my gesonde verstand het aan my ges dat as dit daar kon werk, waarom nie in die klaskamer nie? het hy ges.

Die meeste ander universiteite in Suid-Afrika gee f in Engels onderrig, f gebruik parallelmedium-onderrig, waar twee aparte klasse oor dieselfde onderwerp in verskillende tale, hoofsaaklik Engels en Afrikaans, aangebied word.

Die NWU het in 2003 met sy tolking-eksperiment begin, en daar is besluit dat die tolke tussen die studente in die klasse sal sit en saggies in klanksensitiewe toerusting praat en van Afrikaans na Engels sal tolk, s prof Marlene Verhoef, Direkteur van die NWU se Institusionele Taaldirektoraat.

Die NWU het bevind dat simultane tolking geen negatiewe uitwerking op die studente se punte het nie, en die grootste bonus is dat dit nie die studente in rassegroepe verdeel nie. Dit is ook goedkoper en beteken minder werk vir die dosente, wat in hulle sterkste taal kan klasgee en nie dieselfde klas meer as een keer hoef aan te bied nie.

Dit maak wel n verskil. Dit is nie dieselfde as om n dosent te h wat in Engels klasgee nie, maar jy het n beter aanvoeling vir wat ges word en verstaan dit beter, s Pontso Motsau, 22, n vierdejaarstudent in chemiese ingenieurswese.

Volgens prof Verhoef beplan die NWU om die projek volgende jaar uit te brei deur tolking na Setswana op die Mafikengkampus te implementeer.  Dit het ook nog n belangrike voordeel, aangesien die klasse wat na Setswana getolk sal word vir di studente sal wees wat studeer om grondslagfase-onderwysers te word.  Die grondslagfase is die eerste drie jaar van formele skoolonderrig, en volgens die nasionale beleid moet kinders tydens hierdie skooljare in hulle moedertaal onderrig word sodat hulle konsepte beter kan begryp.

Die NWU het ook nog n projek by die Potchefstroom Central Primary School suksesvol van stapel gestuur, waar wiskundeklasse deur NWU-tolke van Engels na Setswana getolk word.

