Produktiewe Setswana-skrywer vereer met n doktorsgraad






MAFIKENG  Die ikoniese skrywer en talentvolle dosent, Joseph Matlhasedi Ntsime, het by die Mafikeng-kampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) se onlangse lente-gradeplegtigheid n eredoktorsgraad ontvang.

Dr Ntsime het tydens aanvaardingstoespraak vanuit sy vroere ondervinding en inspirasie as skrywer aan 193 graduandi in die Menslike en Sosiale Wetenskappe ges dat kinders deur idiome moreel opgevoed kan word. Hy het die belangrikheid beklemtoon om vanaf n vroe ouderdom n leeskultuur onder jong mense te vestig. Ander volke bewaar hulle tale deur slaaptydstories aan hulle kinders voor te lees, terwyl ons ons sn tot in die vroe oggendure laat TV kyk," het hy ges.

Die 78-jarige Setswana-skrywer en voormalige Adjunkminister van Onderwys in die voormalige Boputhatswana-regering het n rol gespeel in die oprigting van die Taaldienste-afdeling van die Departement van Onderwys en Opleiding. Dr Ntsime was betrokke by die vertaling van staatsdokumente, insluitend Hansard, en die ontwikkeling van terminologie oor die algemeen. Hy was ook redakteur en uitgewer van n Setswana-tydskrif, Utlwang, wat nuus en sake van die dag gedek het.

Dr Ntsime is in 1964 as eksaminator en moderator van Setswana-skooleksamenvraestelle aangestel. Hy het wyd gepubliseer, insluitend Algemene Wetenskap en Godsdiensonderrig op primre sowel as sekondre skoolvlak, asook Setswana-gedigte (insluitend n digbundel Tswina saam met die PSL se Leepile Taunyane), volksverhale en kortverhale.

Dr Ntsime is in 1977 as hoofredakteur van die Setswana-woordeboek by die Instituut vir Afrikastudies aan die destydse Universiteit van Botswana (nou die Mafikengkampus van die Noordwes-Universiteit) aangestel. Hy het op talle komitees gedien, insluitend die Setswana-taalkomitee van die Onderwysdepartement en die Setswana-taalkomitee van die destydse Radio Bantoe. Hy het ook bygedra tot die ontwikkeling van Setswana-radioprogramme om n bewustheid van die Setswana-taal en literatuur te kweek.

Dr Ntsime het reeds talle toekennings ontvang, insluitend die Sol Plaatje Literre Toekenning in die 1980's, die toekenning as voortreflike skrywer in Setswana-literatuur, wat in 2005 deur die Nasionale Departement van Kuns en Kultuur toegeken is, die toekenning vir veeltaligheid en nasiebou - skrywer van die dekade in Setswana, sowel as die toekenning vir produktiewe skrywer in Setswana, beide in 2008 deur die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad (PANSAT) toegeken.

Dr Ntsime het beloof om sy bydrae tot taalbehoud voort te sit, en ondersteuners wag gretig vir n volgende aflewering van sy spannende boeke.



Dr Ntsime, n ikoniese skrywer en talentvolle dosent, het 'n eredoktorsgraad ontvang by die gradeplegtigheid van die Menslike en Sosiale Wetenskappe wat onlangs op die Mafikengkampus van die NWU gehou is.



Dr Ntsime en Dr Dan Kgwadi, Rektor van die Mafikengkampus.


