Oud-dosent word vermis






POTCHEFSTROOM - n Oud-dosent van die voormalige Potchefstroom Universiteit vir Christelike Hor Onderwys (PU vir CHO), nou die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU), word die afgelope paar dae vermis nadat hy op sy familieplaas gaan stap het en nooit weer teruggekeer het nie.

Mnr Adrianus Juyn, beter bekend as oom Adri (78), het Saterdag 3 Mei 2008 op die plaas Kromdraai naby die Schoemansdrift-brug gaan stap en word sedertdien vermis.

Volgens radioberigte word verneem dat oom Adri saam met n persoon vanaf die Vredefort-Parys-kruising tot by Rhenosterspruit digby Kroonstad op die S156-roete gery het, maar die polisie soek nog onverpoos.

Oom Adri het n blou trui, groen broek en geruite blou hemp aangehad. Hy is nagenoeg 1,85 m lank en weeg 70 kg. Hy dra n bril en is grys, met n snor en baard. Hy is n Alzheimerlyer, en mag verward voorkom.

Oom Adri was voorheen n dosent by die PU vir CHO, waar hy joernalistiek en bladuitleg aangebied het.  Hy het ook destyds vir Rapport, Potchefstroom Herald, Vaderland, Dagbreek en Sondagnuus verslaggewing gedoen.  Hy is bekend in landboukringe deur sy assosiasie met Nampo.

Sy seun, Attie Juyn, is Direkteur:Inligtingstegnologie (IT) by die NWU.

Enigiemand met inligting kan kapt Gemis Taljaard by 082 411 2612 kontak, of indien iemand hom raakloop, neem hom asseblief na die naaste polisiestasie.

Lees meer - http://www.adri.co.za/ (Link: http://www.adri.co.za/)



Oom Adri Juyn n oud-dosent van die voormalige Potchefstroom Universiteit vir Christelike Hor Onderwys (PU vir CHO), nou die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU), word die afgelope paar dae vermis.


