Naaldwerkgroep in Promosa kry hupstoot






POTCHEFSTROOM  n Naaldwerkgroep van vroue in Promosa gaan van krag tot krag onder die bekwame leiding van n groep navorsers van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus en met behulp van skenkings uit die gemeenskap.

Die Promosa Arts and Crafts-groep is deel van die Holding Hands-projek om vroue van die nodige vaardighede te voorsien om uiteindelik n eie inkomste te kan genereer.

Die NWU het in 2001 onder leiding van dr Annamarie Kruger, hoofvakkundige in die Fakulteit Gesondheidswetenskappe se navorsingsfokusarea Voorkomende en Terapeutiese Intervensies, met die Flagh-projek (Farm Labour and General Health) op plase in die Ventersdorp-distrik begin. Die Holding Hands- en Lifeplan-projekte (Life Inequalities amongst Females addressed by means of Purposeful Living And Nutrition Interventions) het daaruit gevloei.

Bernina Potchefstroom het tot dusver vyf naaimasjiene en drie omkapmasjiene aan die Promosa Arts and Crafts-groep geskenk. Di groep vroue het die afgelope ses maande opleiding in die kerksaal van die Gereformeerde Kerk ontvang en kom twee dae n week byeen om naaldwerk te doen. Die vroue maak verskillende items soos togas vir laer- en kleuterskole, skoolsakke, tafellinne wat vir troues verhuur word, asook borduurwerk.

Die eienaar van Bernina Potchefstroom, me Christi Niesing, s dit is n voorreg om by die NWU se Holding Hands-projek betrokke te wees en te sien watter verskil die geleenthede aan die vroue, wat voorheen geen inkomste gehad het nie, se lewens maak.

Me Liezel van Niekerk, n navorser by die Fakulteit Gesondheidswetenskappe se navorsingsfokusarea Africa Unit for Trans-disciplinary Health Research (AUTHeR), s n projek soos hierdie, waar mense geleer word om n eie inkomste te genereer, gee weer hoop aan die vroue en bring hulle ook in n sosiale atmosfeer byeen.

Die vroue word voortdurend opgelei om hulle vaardighede te verbeter en n fasiliteerder van die NWU werk nou saam met die groep. Ons benodig egter baie hulp vanuit die gemeenskap en is tans op soek na n ander lokaal waar die vroue hulle werk kan voortsit, s me Van Niekerk.

Enigeen wat meer van die projek wil weet, kan me Van Niekerk by (018) 299 2461 skakel.



Die vroue van Promosa Arts and Crafts is hard aan die werk aan togas vir n kleuterskool. Van links is mee Tricha Locke, Joyce Matsietso (NWU-fasiliteerder), Susanna van Wyk en Ria Moos.



Die eienaar van Bernina, me Christi Niesing, het n omkapmasjien aan die Promosa Arts and Craft-groep oorhandig. Hier is mee Susanna van Wyk, Joyce Matsietso (NWU-fasiliteerder), Tricha Locke, Ria Moos, Christi Niesing en Liezel van Niekerk (navorser van AUTHeR).


