Speltoetsers vir Afrika






POTCHEFSTROOM  Die Sentrum vir Tekstegnologie (CTexT) op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) is tans besig om leksikale data vir Afrikatale as deel van Microsoft se Local Language Programme ontwikkel.  Leksikale data bestaan uit woorde van n spesifieke taal wat met addisionele inligting verryk is, en kan gebruik word in die ontwikkeling van n verskeidenheid taaltegnologiese toepassings soos speltoetsers.

Hierdie inisiatief het ten doel om individue in Afrika toegang tot rekenaarsagteware in hulle moedertaal te gee, en sodoende bloot te stel aan tegnologie op n manier wat hulle taalkundige en kulturele uniekheid respekteer.  Die projek beoog om leksikale data in te samel vir vyf streekstale in Afrika, naamlik Hausa, Igbo, Kinyarwanda, Wolof en Yoruba, wat in onder andere Nigeri, Senegal, Ekwatoriaal-Guinee, Burkina Faso, Togo, Ghana, Rwanda en Mauritani gepraat word.

Rekenaarlinguiste en taalkundiges van CTexT, Nigeri en die VSA asook die Skryfhulpmiddelspan van Microsoft in Ierland werk nou saam aan die projek. Microsoft het 'n voortdurende verbintenis tot die lokalisering van sagteware om dit sodoende ook relevant te maak vir die mense en lande in Afrika, het dr Cheick Modibo Diarra, voorsitter van Afrika by Microsoft, ges.  Ons Local Language Programme is een van die maniere waarop ons ons reikwydte kan verbreed en ons klinte en vennote kan bemagtig.  Dit bring die ontwikkeling en groei van plaaslike tale en vooruitgang in tegnologie byeen op n manier wat komplementr en noodsaaklik is vir ekonomiese ontwikkeling, het hy bygevoeg.

CTexT was reeds voorheen betrokke by die bemagtiging van plaaslike tale deur speltoetsers vir vyf Suid-Afrikaanse tale, Afrikaans, isiXhosa, isiZulu, Sesotho sa Leboa en Setswana, te ontwikkel.

Kontak asseblief vir Moira Mller  by  (018) 299 1541 of Moira.Muller@nwu.ac.za (Link: mailto:Moira.Muller@nwu.ac.za) vir meer inligting.




