Minister van Onderwys besoek die NWU






POTCHEFSTROOM  Die Minister van Onderwys, me Naledi Pandor, het onlangs die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) tydens die inhuldiging van die Fakulteit Opvoedingswetenskappe se nuwe geboue besoek.

 Minister Pandor is van mening dat een van die grootste uitdagings vir universiteite in Suid-Afrika nie net is om op formele onderrig te fokus nie, maar ook om die jong mense ten volle toe te rus om verantwoordelike leiers binne hulle gemeenskappe te kan wees. Die gebeure die afgelope tyd op die kampusse van verskeie hor onderwysinstellings is n aanduiding van die uitdagings wat die nuwe samelewing voortdurend konfronteer.

Volgens Minister Pandor moet daar nie net na die formele kant van die kurrikulum gekyk word nie, maar ook na die totale ontwikkeling en vorming van n jong mens, sodat hy/sy uiteindelik n verantwoordelike rol in die land kan vervul.

Hor onderwysinstellings het n wyer funksie in hulle gemeenskappe  n burgerlike leierskapsrol. Dit is die verantwoordelikheid van ons universiteite om toe te sien dat die rol wat hulle in die hor onderwys speel, beskerm en versterk word deur onafhanklike intellektuele insigte te verskaf en n bydrae tot ons brer sosiale, menslike en kulturele begrip te lewer, het sy ges.

Ons wegspringpunt vir die transformasie van hor onderwysinstellings is dat dit n hoofrol in die sosiale, kulturele en ekonomiese ontwikkeling van die samelewing moet speel. Die sektor moet veral reageer op die tweeledige uitdagings wat gelykheid en ontwikkeling stel. Om dit te bereik sal universiteite beter beplan, bestuur en befonds moet word. Fondse sal onttrek word as universiteite nie hieraan gehoor gee nie, het sy bygevoeg.

Met verwysing na die nuwe opvoedkundige fasiliteite van die Potchefstroomkampus het sy ges daar is onderwystekorte in verskeie strategiese vakrigtings in skole. Die tekorte is veral by wiskunde, wetenskap, die grondslagfase en onderwysers in inheemse tale. Sy het n beroep op die NWU gedoen om aandag aan hierdie tekorte te skenk.



Die Minister van Onderwys, me Naledi Pandor, het die inhuldiging van die Fakulteit Opvoedingswetenskappe se nuwe geboue op die Potchefstroomkampus van die NWU bygewoon. Van links na regs is proff Maritte Lowes, Viserektor Akademie, Annette Combrink, Kampusrektor, dr Themba Mosia, Registrateur van die NWU, me Naledi Pandor, prof Petra Engelbrecht, Dekaan van die Fakulteit Opvoedingswetenskappe en dr Theuns Eloff, Visekanselier van die NWU.


