Vaaldriehoekkampus verwelkom eerstejaars






VANDERBIJLPARK  Die Vaaldriehoekkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) het vanjaar meer as 1 000 eerstejaars verwelkom.

Die Kampusrektor, Prof Piet Prinsloo, het tydens die amptelike verwelkoming die nuwe eerstejaars gelukgewens met hul keuse om by die Vaaldriehoekkampus te studeer en hulle aangemoedig om hulle tyd as studente ten volle te benut. In sy toespraak het hy die nuwe eerstejaars daarop gewys dat die werksomgewing baie anders daar uitsien as n paar jaar gelede en dat daar van graduandi verwag word om nie net kritiese denkers te wees nie, maar ook leiers en entrepreneurs. Universiteite is vandag nie net bloot instansies wat grade toeken nie, maar 'n mikro-kosmos waarin studente tot gebalanseerde en verantwoordbare volwassenes met 'n doelgerigte toekomsvisie omvorm word, om nie net as ambassadeurs vir vooruitgang en verandering te dien nie, maar ook om boustene vir 'n gesonde Suid-Afrika te wees, het hy verduidelik.

Volgens prof Prinsloo val die klem in die huidige werksomgewing op mense as die fokuspunt en daarom kom graduandi meer as ooit tevore voor unieke uitdagings te staan. Die kuns l daarin opgesluit om jouself as 'n leier te onderskei. Stel jouself oop vir ander kulture, ander weergawes van die geskiedenis, nuwe verhoudings, en toets die grense van jou denke en jou optrede, het hy ges.

Prof Prinsloo het ges dat die studente op die Vaaldriehoekkampus reeds vanaf hulle eerste jaar die voordele van die filosofie van Ubuntu geniet, aangesien die Kampus n ryk kulturele diversiteit verteenwoordig.  Die visie wat op die Kampus voorgehou word, is een waar elke lid van die kampusgemeenskap diversiteit verwelkom, maar ook terselfdertyd die unieke eendersheid wat bestaan, soek en dit vier.

Dr Theuns Eloff, Visekanselier van die NWU, het in sy boodskap daarna verwys dat die samesmeltingsproses van die Universiteit as n suksesverhaal beskou moet word, en dat die NWU tans die sesde grootste universiteit in die land is met sowat 52 000 ingeskrewe studente op die drie kampusse. Hy het voorts die versekering gegee dat die NWU in die jaar wat voorl van krag tot krag sal gaan, en dat die kernbesigheid van die NWU, naamlik onderrig en navorsing, dienooreenkomstig sal vooruitgaan.



Die nuwe eerstejaars is onlangs hartlik op die Vaaldriehoekkampus verwelkom. Saam met n groep van die nuwelinge is mnr Mega Tebakang, studenteraadsvoorsitter, prof Piet Prinsloo, Kampusrektor, en dr Theuns Eloff, Visekanselier.




