Lektor as streeksondersteuningskundige van die HEAIDS-projek aangestel






VANDERBIJLPARK  Prof Linda Theron, n lektor van die Skool vir Opvoedkundige Wetenskappe aan die Vaaldriehoekkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) is genooi om as streeksondersteuningskundige van die HEAIDS-projek van Hor Onderwys Suid-Afrika (HESA) op te tree: Om MIV-modules in Onderwysersopleidingsfasiliteite in die hor onderwysinstellings in Suid-Afrika te loods.

Hierdie projek, wat tot Mei 2009 loop, beoog om onder andere hor onderwysinstellings  aan te moedig en te ondersteun om opvoeders wat opgelei word, effektief toe te rus om die talle uitdagings te hanteer wat die MIV/vigs-pandemie aan hulle stel.

Benewens die HEAIDS-projek sal prof Theron se Nasionale Navorsingstigting (NNS)-ondersteunde projek, Resilient Educators (REds), in die loop van 2008 onder Lewensorintering-opvoeders in Gauteng, die Vrystaat, Mpumalanga en die Noordwes-provinsie gemplementeer word.  Prof Herman Strydom, NWU, prof Rina Delport, Universiteit van Pretoria (UP), dr Stephan Geyer, UP en mev Steffie Esterhuizen, NWU, sal aan hierdie implementering saamwerk.

Die aanvanklike navorsingsresultate van REds dui daarop dat deelnemende opvoeders bemagtig word om die veelvuldige verantwoordelikhede te hanteer wat die gevolg van die MIV/vigs-pandemie is.

Lewensorintering-opvoeders wat wil deelneem, is welkom om prof Theron by (016) 910 3076 / 910 3082 te skakel of by  Linda.Theron@nwu.ac.za (Link: mailto:Linda.Theron@nwu.ac.za) te e-pos.


Prof Linda Theron.


