NWU-tolkdienste brei uit na skole






POTCHEFSTROOM - Sewe van die veertien leerders in die grondslagfase remedirende klas by Central Primary School in Potchefstroom het vanjaar met die tolkdienste van die Noordwes-Universiteit (NWU) kennis gemaak en kon so hulle wiskundeles in Setswana, hul moedertaal, aanhoor.

Me Dipuo Maphakathi, n tolk in die diens van die NWU se Institusionele Taaldirektoraat, sorg dat die Setswana-kinders voortaan hul lesse in hulle huistaal sal hoor. Die doelwit van die projek is onder meer om te bepaal in watter mate die tolking na die kinders se huistaal n bydrae tot beter begrip van die lesinhoud lewer, asook tot verbeterde deelname en hor punte.

Benewens die NWU is Central Primary nou die derde onderwysinstelling wat by die NWU se tolkdienste baat. Die Taaldirektoraat van die NWU het aanvanklik die intydse tolking van lesings op die NWU-kampusse op tou gesit het om maksimum toegang tot skaars akademiese programme te verseker. Dit is daarna na die Potchefstroomse Landboukollege en die Horskool Frikkie Meyer in Thabazimbi uitgebrei.

Hoewel daar in Thabazimbi slegs met die tolking van rekenaarstudieklasse begin is, word die diens tans ook na biologie en bedryfsekonomie vir die junior grade uitgebrei . Ekstra tolke is reeds opgelei en aangestel. Weens die sukses by Frikkie Meyer ondersoek ons tans die moontlikheid om die diens na nog skole  hopelik in al die provinsies  uit te brei, s prof Marlene Verhoef, Institusionele Direkteur van die Taaldirektoraat van die NWU.

By die Landboukollege word die volle kurrikulum reeds getolk en op die universiteitskampusse groei die getal klasse jaarliks totdat die programme waarbinne die diens gelewer word tot op derde- of vierdejaarsvlak uitgebrei is.

 Daar is tans sowat 60 tolke en assistente by die verskillende kampusse van die NWU in diens van die Institusionele Taaldirektoraat, en sedert die totstandkoming van die tolkdienste is die NWU reeds deur die meeste ander meertalige universiteite besoek wat eerstehands wou sien hoe die tolkdienste werk.

Die Taaldirektoraat beplan ook voorts om die uitgebreide navorsingswerk wat tot dusver rakende opvoedkundige tolking gedoen is, in samewerking met kollegas van ander universiteite te publiseer.



Die twee leerlinge van Central Primary School span oorfone in om hulle klas in Setswana, hulle huistaal, te geniet. In die agtergrond is me Dipuo Maphakathi, n tolk van die Taaldirektoraat van die NWU, wat die leerlinge se lesse van Engels na Setswana tolk.




