Gryp die geleentheid aan met die Program vir Ontluikende Bestuurders






POTCHEFSTROOM - Die Potchefstroomse Besigheidskool (PBS) van die Noordwes-Universiteit (NWU) het onlangs die Program vir Ontluikende Bestuurders (POB) vir toesighouers en eerstelynbestuurders ontwikkel om hul toetrede tot bestuursposisies te bevorder.

Baie potensile bestuurders vind dit dikwels moeilik om tot bestuursposisies te vorder, omdat hulle nie oor die toepaslike kwalifikasies of ervaring beskik nie.  Die POB hanteer juis hierdie vaardigheidsgaping deur n goeie basis van kennis en vaardighede  aan eerstelynbestuurders te bied om hul intellektuele vermo ten volle te ontwikkel, betekenisvolle waarde tot n organisasie toe te voeg, en  vir verdere bevordering te kwalifiseer.

Die program sluit temas soos effektiewe bestuursgewoontes, die bestuur van mense, operasionele bestuur en die bestuur van finansile hulpbronne in, en is op vlak vyf van die Nasionale Kwalifikasieraamwerk (NKR) geregistreer.

Die program bestaan uit vier voltydse studieblokke van twee dae elk wat in Maart, Mei, Julie, en Oktober sal plaasvind.  Die klem word deurlopend op die praktiese toepassing van teoretiese beginsels geplaas, en studente moet ook opdragte inlewer en n oopboekeksamen skryf. Vir verdere inligting, kontak asseblief vir Cornelia Veldman by (018) 299 1419 of pbsinfo@nwu.ac.za (Link: mailto:pbsinfo@nwu.ac.za) .

Klik hier vir meer inligting... (Link: http://www.puk.ac.za/fakulteite/ekon/pbs/Programme_for_Emerging_Managers_e.html)








