Vaaldriehoekkampus betrokke by Koerant-In-Onderwysprojek






VANDERBIJLPARK  Mr Meer as 5 000 leerders van verskeie skole in die Vaaldriehoek sal baat vind by die Koerant-In-Onderwysprojek (KIO) wat in samewerking met die Vaaldriehoekkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) en MooiVaal Media aangebied word.

Di projek, wat onlangs op die Kampus van stapel gestuur is, poog om die standaard van onderwys in die Vaaldriehoekgemeenskap te verbeter deur n  n nuwe generasie van lesers te kweek en ongeletterdheid te beveg.

Die KIO het ondermeer ten doel om leerders se kennis en analitiese vaardighede te verbeter; om begrip en waardering vir die rol van die media in n  n demokratiese samelewing te kweek , en die fundamentele waardes van vryheid van spraak te illustreer, asook om goeie burgerskap te bewerkstellig bevorder deur leerders sensitief te maak vir verskille tussen mense en  by aktuele vraagstukke in die gemeenskap betrokke te laat raak.

Gedurende Tydens die duur van die projek sal daar van deelnemende leerders verwag word om 'n n leespaspoort te voltooi wat vrae sal bevatoor aktuele gebeure in die media en die omliggende gemeenskap sal bevat. Na afloop van die projek sal elke deelnemende leerder wat deelgeneem het,  'n n sertifikaat ontvang.

In sy toespraak het prof Piet Prinsloo: Kampusrektor, daarop gewys dat die skole in die Kampus se voedingsarea ast ware die kweekhuise van toekomstige leiers en entrepreneurs is, en dat die Kampus juis daarom 'n belangrike verantwoordelikheid het om genoegsame voldoende ondersteuningsnetwerke te vestig.

Die projek speel nie net 'n belangrike rol in die bewusmaking van die gemeenskap deur middel van die media nie, maar is ook 'n aanduiding van die verbintenis van die Vaaldriehoekkampus tot die sosiale maatskaplike opbou en bemagtiging van die streek, meen me Annette Willemse, korporatiewe kommunikasiebeampte.

KIO is oorspronklik 'n internasionale inisiatief wat met groot welslae in Suid-Afrika toegepas word. MooiVaal Media is 'n gemeenskapsfiliaal van die groep Media24.



Lede van die Bemarkingspan van die Vaaldriehoekkampus tydens die bekendstelling van die Koerant-In-Onderwysprojek. Van links na regs is me Alwine Naude, prof Piet van Wyk en me Carla Dippenaar.



Mnr Daan Marx, skoolhoof van Heidelberg Volkskool, en mee Ria van Vuuren en Penelope van Vuuren, verteenwoordigers van MooiVaal Media.



Mnre Bertie Visser, Hoofdirekteur: Finansies en Fasiliteite (tweede van links) en Thys Foord, senior bestuurder: MooiVaal Media (tweede van regs) saam met skoolhoofde verteenwoordigend van die Vaaldriehoekstreek.






