NWU bekroon vir meertaligheid






POTCHEFSTROOM - Die Noordwes-Universiteit het die afgelope tien jaar die meeste  bygedra tot meertaligheid en nasiebou in die horonderwyssektor. Hierdie merkwaardige prestasie het daartoe gelei dat die Universiteit op 2 Februarie 2008 tydens die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad (PanSAT) se  prestigegeleentheid by die Emperors Palace in Gauteng as kategoriewenner bekroon is.  

Prof Marlene Verhoef, Institusionele Direkteur: Taaldirektoraat, glo die wyse waarop die Universiteit sy beleid van funksionele meertaligheid toepas, het die deurslag gegee en daartoe gelei dat die Universiteit gewen het.

Die NWU is verheug oor die toekenning, s prof Verhoef. Dit dien bepaald as aanmoediging om voort te gaan en voort te bou op die meertaligheidspad wat die NWU reeds ingeslaan het.

Die NWU se Taaldirektoraat het talle kreatiewe en innoverende projekte geloods om funksionele meertaligheid by die Universiteit en in die omgewing te bevorder.

Een van die innoverende projekte is dieTransTips-begripshulpmiddel wat die personeel-intranet in vier werkstale  Afrikaans, Engels, Setswana en Sesotho  beskikbaar stel. 'n Ander baanbrekerprojek is die klaskamertolkdienste wat maksimum toegang tot skaars akademiese programme vir NWU-studente verseker. Tolkdienste word nie net op die NWU-kampusse gelewer nie: dit word reeds geruime tyd by die Potchefstroom Landboukollege gelewer en is onlangs ook na skole uitgebrei. Horskool  Frikkie Meyer in Thabazimbi en Central Primary School in Potchefstroom pluk reeds die vrugte hiervan, en daar word beoog om hierdie dienste ook na ander skole in ander provinsies uit te brei.

Die NWU moes 'n bondige verslag, waarin die taalbeleid en implementering daarvan uiteengesit is, indien vir beoordeling deur PanSAT. Die veeltaligheidswedstryd is ter viering van Pansat se eerste dekade aangebied.

Rhodes Universiteit was die naaswenner in die kategorie vir horonderwysinstellings.



Prof Marlene Verhoef, Institusionele Direkteur: Taaldirektoraat, spog trots met die toekenning van PanSAT wat die NWU vir sy bydrae tot meertaligheid en nasiebou in die horonderwyssektor ontvang het.




