NWU bied kursus in Entrepreneurskap aan






POTCHEFSTROOM - Prof Tommy du Plessis, Direkteur van die Potchefstroom Besigheidskool (PBS) aan die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU), bied hierdie jaar weer die kursus, How to start and run your own business , vir voornemende entrepreneurs aan.

Die kursus is spesifiek ontwerp om potensile entrepreneurs op n  baie praktiese wyse deur die hele besigheidsproses te neem, en is spesifiek gemik op almal wat beoog om hul eie ondernemings te vestig of om n bestaande een oor te neem. 

In module 1 word die profiele van suksesvolle sakeondernemers ontleed en kursusgangers kry die geleentheid om hulleself daaraan te toets.  Die tweede module behandel tegnieke om die lewensvatbaarheid van ondernemings te bepaal, en in module 3 word kursusgangers geleer hoe om n besigheidsplan saam te stel.  Die finale module fokus daarop om kursusgangers bewus te maak van die vaardighede wat hulle nog moet bekom om die langtermyn-sukses van hulle besigheid te verseker.

Die kursus is drie jaar gelede vir die eerste maal in Londen aangebied toe die PBS en die Londense regsfirma,  Breytenbachs, kragte saamgesnoer het om Suid-Afrikaners wat in Londen werksaam is, by te staan met advies oor hoe om hul eie onderneming te begin wanneer hulle na Suid-Afrika terugkeer.

Prof Du Plessis is die skrywer van n gereelde rubriek in Sake 24 wat wenke vir die klein en medium-grootte sakeonderneming gee, asook advies lewer oor n wye reeks onderwerpe rakende entrepreneurskap en bestuur.  Hy is ook 'n gereelde gas op Radio sonder Grense (RSG) se program, Rand en Sent, en lewer gereeld bydraes tot die SA Times in Londen se rubriek oor die vestiging van nuwe sakeondernemings.

Die kursus duur twee dae en word in Potchefstroom teen R 1 200 per kursusganger aangebied.  Vir verdere navrae, kontak asseblief vir Laurette Strauss by (018) 299 1636.



Prof Tommy du Plessis, Direkteur van die Potchefstroom Besigheidskool.


