Dekaan word vereer met senior navorsingsmedalje






POTCHEFSTROOM - Prof Petra Engelbrecht, Dekaan van die Fakulteit Opvoedingswetenskappe aan die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU), het tydens die Onderwysvereniging van Suid-Afrika (OVSA) se nasionale konferensie die senior navorsingsmedalje ontvang.

Prof Engelbrecht is vereer vir haar uitsonderlike bydrae tot navorsing in die onderwys, haar sleutelrol in die daarstel van n uitvoerbare, regverdige onderwysmodel, asook haar bydrae tot haar kollegas se persoonlike en professionele ontwikkeling in die onderwys en sielkunde.

Dit is n groot eer om hierdie medalje te ontvang, vir die navorsing wat ek die afgelope 16 jaar voltooi het, s sy.  Hierdie medalje is ook erkenning vir my kollegas wat as navorsingspan saam met my gefokus het op ons doel  om inklusiewe onderwys in Suid-Afrika te ontwikkel en te vestig! voeg sy by.

Prof Engelbrecht geniet nasionale en internasionale aansien as navorser en onderwyskundige, en het haar professionele opleiding in sielkunde en onderwys aan die Universiteit van Pretoria en UNISA voltooi .  Sy het haar professionele beroep aan die Universiteit van Pretoria begin as senior lektor en mede-professor en het daarna verskuif na die Universiteit van Stellenbosch,  waar sy die posisies van professor en voorsitter in die Departement Opvoedkundige Sielkunde en Gespesialiseerde Onderwys beklee het.  In 2004 is sy bevorder tot direkteur en later senior direkteur van navorsing, en in Maart 2007 is sy as Dekaan van die Fakulteit Opvoedingswetenskappe by die NWU aangestel.



Prof Petra Engelbrecht, Dekaan van die Fakulteit Opvoedingswetenskappe.


