Potchefstroomkampus verwelkom eerstejaars






POTCHEFSTROOM - Sowat 38 persent van die eerstejaars wat Saterdag 19 Januarie op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU)aangemeld het, spog met n gemiddeld van 75 persent en hor.

Dit dui daarop dat die kwaliteit van studente wat aan die NWU se Potchefstroomkampus studeer jaarliks verbeter, en bydra tot die feit dat die NWU een van die beste voorgraadse slaagsyfers van al die universiteite in die land het. Voorts is dit ook in lyn met die regering se aandrang op n verbeterde deurvloeisyfer in die tersire onderwyssektor.

Prof Annette Combrink, die Kampusrektor, het in haar verwelkomingstoespraak aan sowat 3 200 nuwelinge en hul ouers ges dat die Potchefstroomkampus weereens sy doelwit vanjaar oortref het met die hor getal aanvaarde studente, wat hoofsaaklik in strategies-belangrike vakrigtings soos farmasie, wiskunde, gesondheidswetenskappe en ingenieurswese gaan studeer.

Daar word groot erns gemaak met die handhawing en uitbou van kwaliteit-onderrig deur gereelde internasionale oudits van navorsingsgroepe en assessering deur die beroepsrade.

Volgens prof Combrink is dit die primre taak van die NWU om studente te verander in denkende, probleemoplossende en gefokusde mense om hulle na behore op hul beroepe voor te berei.

Dr Theuns Eloff, Visekanselier van die NWU, het ges hy is trots om na drie jaar te s dat die samesmelting van die NWU inderdaad baie suksesvol was. Die strategie van n balans tussen die diversiteit van die kampusse en die eenheid van die Universiteit, asook die balans tussen effektiwiteit en ervaring en die behoud van stabiliteit, verseker dat die NWU se kernbesigheid, onderrig en navorsing vooruitgaan.



Die Potchefstroomkampus van die NWU het Saterdag sowat 3 200 eerstejaars en hul ouers verwelkom. Onder die nuwelinge is die tweeling van die bekende filmmaker en grapjas, Leon Schuster. Van links is dr Theuns Eloff (Visekanselier van die NWU), prof Annette Combrink (Kampusrektor), Shelley, haar ma, Lalie, Leon, Ernest en mnr Willem Pienaar (Direkteur: Akademiese Administrasie). Shelley gaan kommunikasiekunde studeer, terwyl Ernest BCom Entrepreneurskap gaan aanpak.



Die wenner van die ATKV se redenaarskompetisie (seniors, Afrikaans as tweede taal) en onderhoofseun van Horskool Waterkloof, Piet Matipa, het hom vir BA kommunikasie by die NWU ingeskryf. Hier gesels hy met die rektor, prof Annette Combrink, en die Visekanselier, dr Theuns Eloff, kort na die eerstejaarsverwelkoming.


