NWU-navorser help kyk na kinders se gesondheid






POTCHEFSTROOM - Sewe persent van skoolkinders rook, ses persent het hul eerste sigaret opgesteek toe hulle jonger as tien jaar oud was, die gewildste vryetydsaktiwiteit is om op n selfoon te klets, minstens 40% van kinders oefen min of glad nie en die onaktiefste groep is meisies tussen 16 en 19 in arm gemeenskappe.

Dit is van die bevindinge van n gesondheidsrapport wat onlangs deur n groep navorsers, insluitende prof Salom Kruger, een van die voorste navorsers oor kindervoeding op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU), opgestel is.

Nege navorsers van oor die hele Suid-Afrika, wat aktief in die gebied van kindergesondheidnavorsing is, het in samewerking met die Suid-Afrikaanse instituut vir sportwetenskap en Discovery Vitality die rapport opgestel om te bepaal om die gesondheid van kinders in Suid-Afrika te bepaal.

Die groep navorsers van die universiteite  van Kaapstad, Wes-Kaap, Noordwes, Witwatersrand en die Mediese Navorsingsraad, het onlangs in Kaapstad vergader om bestaande navorsingsresultate op te som en te interpreteer. Die werkgroep beplan om die rapport jaarliks op te dateer.

Die rapport plaas die fokus op watter suksesse behaal is en watter stappe geneem moet word om gesondheid onder kinders te bevorder.


Prof Salom Kruger



Die gesondheidsrapport wat onlangs deur n groep navorsers opgestel is.




















