Professor van NWU enigste A1-navorser in fisika






POTCHEFSTROOM - Prof Marius Potgieter van die Eenheid vir Ruimtefisika en tans Direkteur van die Skool vir Fisika aan die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) het onlangs 'n A1-gradering as navorser van die Nasionale Navorsingstigting (NNS) ontvang.  Dit is die hoogste gradering wat wetenskaplikes van die NNS kan ontvang.

Prof Potgieter is tans die enigste navorser in sy vakgebied wat n A1-gradering by die NWU het. A-graderings word aan navorsers toegeken wat internasionaal as wreldleiers op hulle navorsingsgebied erken word. Prof Potgieter het ook as jong navorser die gesogte NNS-presidentstoekenning ontvang.

Prof Potgieter is al die afgelope dertig jaar aan die NWU verbonde en beskou prof Pieter Stoker as sy mentor. Prof Stoker, emeritus professor in fisika en steeds 'n aktiewe navorser, het onlangs sy 80ste verjaardag gevier. Hy is bekend daarvoor dat hy navorsing en nagraadse onderrig in fisika in 1950 aan die voormalige Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hor Onderwys (PU vir CHO) gevestig het.

Prof Potgieter se navorsing gaan oor heliosferiese ruimtefisika en in besonder oor wat die son se invloed op kosmiese strale en die nabye interstellre ruimte is. Dit sluit ook studies oor Ruimteweer en Ruimteklimaat in. Sy hoofaktiwiteit is die wiskundige en numeriese modellering van die eienskappe van die heliosferiese ruimte en die gedrag van kosmiese strale as gelaaide deeltjies in die heliosfeer en aan watter fisiese prosesse dit onderhewig is.

"Die modelle word vergelyk en getoets aan waarnemings van die Voyager ruimtetuie van NASA en die Ulysses-ruimtetuig van ESA wat die heliosfeer onderskeidelik vanaf die aarde tot naby die rand van die heliosfeer en rondom die son waarneem. Deur verskeie navorsingsooreenkomste maak die heliosferiese fisika-groep waarby ook proff Harm Moraal, Adri Burger en Stefan Ferreira betrokke is, rigtinggewende bydraes tot die heliosferiese fisika om hierdie waarnemings te verklaar en om voorspellings te maak wat die ruimtetuie mag waarneem," s prof Potgieter.


Prof Marius Potgieter


