NWU baanbreker met MCom-graad in Forensiese rekenmeesterskap






POTCHEFSTROOM  Die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) het in 2006 die eerste instelling in Suid-Afrika geword om n MCom-graad in Forensiese rekenmeesterskap aan te bied, met n honderd studente uit alle gebiede van die forensiese veld wat oor die afgelope twee jaar vir hierdie graad geregistreer het.

Buitengewone professore en gassprekers wat te doen het met die Forensic Service Lines van die Groot Vier-ouditeursfirmas word aan hierdie program gekoppel om met die aanbieding, moderering en gehaltebeheer van hierdie graad te help, om sodoende die relevansie en toepaslikheid daarvan ten opsigte van die forensiese mark te verseker.

Terugvoer van studente wat die graad voltooi het, dui daarop dat hulle dit relevant en toepaslik vir die forensiese werksomgewings gevind het.

Toelating tot die MCom-graad in Forensiese rekenmeesterskap word tot 50 studente per akademiese jaar beperk, en daarom word voornemende studente aangemoedig om vroegtydig aansoek te doen om teleurstelling te vermy.  Vir meer inligting, kontak asseblief Jan van Romburgh by (018) 299 4427 of Jan.VanRomburgh@nwu.ac.za (Link: mailto:Jan.VanRomburgh@nwu.ac.za).

