NWU ontwerp kwadrubadstelsel






POTCHEFSTROOM  Die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) het onlangs een van twee kwadrubadstelsels aan Aandblomtuiste in Strydenburg geskenk.

Die kwadrubad is deur meganiese ingenieurswese-studente aan die Kampus ontwerp as praktiese projek in die studieveld van Stelselingenieurswese. Die bad is spesifiek ontwikkel om verpleegpersoneel te help om pasinte in en uit n bad te kry en sodoende rugbeserings by personeel te verminder.

Volgens prof Johan Roberts, senior lektor in Meganiese Ingenieurswese, het hy op hierdie projek besluit omdat dit aangepas het by die kennisvlak van studente in die derde en vierde studiejare  in meganiese ingenieurswese.

Die aanvanklike ontwerp is deur Ricus Coetzee en JJ Groenewald ontwikkel en in die daaropvolgende jare is dit deur Gert van Eeden, Jacques Silvis en Corrie du Plessis aangepas en verbeter.  In 2006 het Francois de Waal die eerste prototipe van die kwadrubad afgerond deur dit verder vir die pasint te beveilig, die dreinering van water uit die stelsel te verbeter, en die bad by Witrand aan gebruikerstoetse  te onderwerp.

Aandblomtuiste se behoefte aan so n badstelsel het onder die aandag van die NWU gekom nadat Adri van der Merwe (Farmasie-student) en Hennie Mar, albei inwoners van Strydenburg, die Universiteit genader het oor die kwadrubad.

Die spesifikasies van hierdie stelsel sal versorgers by Aandblomtuiste in staat stel om daagliks tot 30 pasinte met n liggaamsmassa van tot 120 kilogram in en uit die bad te tel en sodoende n groot werkverligting vir versorgers teweeg bring.

Die Skool vir Meganiese Ingenieurswese het goedgunstiglik besluit om die prototipe van die bad aan Aandblomtuiste te skenk as deel van hulle diens aan die brer gemeenskap.  Alhoewel die kwadrubad nog in die eksperimentele ontwikkelingsfase is, kan hierdie rou produk reeds met groot sukses deur Aandblomtuiste gebruik word.

