Internasionale visekanseliers besoek NWU






Vier visekanseliers van bekende internasionale universiteite het onlangs die NWU besoek met die oog op die stigting van n netwerk van eendersdenkende universiteite.

Prof dr Lex M Bouter, Rector Magnificus van die Vrije Universiteit van Amsterdam,  dr Susan A Cole, President van die State University, New Jersey, en prof Deian Hopkin, Visekanselier van die London South Bank University is deur n groep senior bestuurders vergesel.

Die NWU het die inisiatief geneem om n netwerk tot stand te bring met die oog op die jaarlikse uitruil van idees oor die uitdagings wat die moderne universiteit in die gesig staar, s dr Theuns Eloff, Visekanselier.

Van die onderwerpe wat bespreek is, is die volgende:
 Bestuur van die 21ste eeuse entrepreneuriese universiteit,
 Effektiewe bestuur, insluitende prestasiebestuur en aansporings,
 Prestasie-aanduiders en normering vir beste praktyk, en
 Diversiteitbestuur en internasionalisasie.

Op Maandag 12 November 2007 het die afgevaardigdes van die Vrije Universiteit van Amsterdam en di van die Montclair State University New Jersey die Mafikengkampus en die Sokkerinstituuut besoek, terwyl die afgevaardigdes van die London South Bank University deur die Potcehfstroom- en Vaaldriehoekampus ontvang is.



Afgevaardigdes van die London South Bank University is van links: dr Phil Cardew, Pro-Visekanselier: Onderrig en Studentesake, dr Ed Tinley, Hoof van die Navorsings- en Sakeontwikkelingskantoor,  me Carol Campayne, Direkteur: Gelykheid en Diversiteit, dr Deian Hopkin, Visekanselier, en dr Theuns Eloff, NWU-Visekanselier.



Afgevaardigdes van die Montclair State University, New Jersey, het onlangs die NWU besoek.  Hulle is van links: dr Karen Pennington, Visepresident, Studente-ontwikkeling en Kampuslewe, dr Ada Beth Cutler, Dekaan: Onderwyskollege en Mensdienste, dr Susan Cole, President,  dr Theuns Eloff, NWU-Visekanselier, en me Lauretta Bruno, NWU-verteenwoordiger in New York.



Die span van die Vrije Universiteit van Amsterdam was van links: prof Peter Beek, Dekaan: Bewegingswetenskappe, dr Harry Wels, Departement van Kultuur, Organisasie en Bestuur, prof dr Lex Bouter, Rector Magnificus, dr Ren Smit, Voorsitter: Uitvoerende Raad, en prof  Harmen Verbrugge, Dekaan: Ekonomiese en Sakewetenskappe.






Dr Ada Beth Cutler (heel regs) van die Montclair Universiteit, New Jersey, is diep in gesprek met (van links) prof Dan Kgwadi, Rektor: Mafikengkampus, NWU,  me Lauretta Bruno, NWU-verteenwoordiger in New York, en dr Harry Wels van die Vrije Universiteit, Amsterdam.


