PBS bied wreldklas MBA-program aan






POTCHEFSTROOM  Die Potchefstroom Besigheidskool (PBS) van die Noordwes-Universiteit (NWU) het die uitdagings aanvaar wat die veeleisende omgewing van die 21ste eeu bied. Sy MBA-program het wyd bekend geword vir die lewering van praktiese besigheidsoplossings vir lewensegte probleme, kwessies en geleenthede.

Die ten volle geakkrediteerde MBA-program is n omvattende kwalifikasie wat n wye reeks sleutelaktiwiteite uit die sakewreld insluit. Die filosofie van praktiese besigheidsoplossings rus studente toe om hulle verworwe kennis sonder verwyl in die werkplek toe te pas.

Omdat dit n invloedryke en gehalte-geouditeerde besigheidskool in die MBA-mark in Suid-Afrika is, het die PBS strategiese veranderinge en toevoegings tot sy MBA-program gemaak om sy waarde vir die besigheidsmark uit te brei. Die herkurrikulering van die MBA-program, tesame met die vaardigheids-georinteerde studieskole, dien as impetus vir die Fakulteit Ekonomiese- en Bestuurswetenskappe se strewe na volhoubare uitnemendheid in besigheidstudie en verwante netwerking deur die stelsel van sindikaat-groepleermetodologie.

Dit is met die uiterste trots dat ek my stempel van goedkeuring gee aan 'n kursus wat MBA-studente toerus en ondersteun om 'n volhoubare kultuur van strategiese denke in hulle eie organisasies te skep en uit te bou," s prof Tommy du Plessis, Direkteur van die PBS.

Die MBA word in Engels op die Vaaldriehoekkampus en in Afrikaans op die Potchefstroomkampus aangebied, met n deeltydse program en struktuur om aan die behoefte van werkgewers te voldoen.  Belangstellendes moet die aansoekvorm invul wat op die internet beskikbaar is (www.nwu.ac.za/p/pbs (Link: http://www.nwu.ac.za/p/pbs)).  Alle aansoeke sal n papierkeuringsproses deurloop en kandidate sal die Suvell & Holtzworth Limited (SHL)-toelatingstoets moet skryf, wat potensile bestuursbevoegdhede evalueer.

Vir meer inligting kontak asseblief vir Cornelia Veldman by (018) 299 1413 / Cornelia.Veldman@nwu.ac.za (Link: mailto:Cornelia.Veldman@nwu.ac.za), of prof Ronnie Lotriet by (018) 299 1406/ Ronald.Lotriet@nwu.ac.za (Link: mailto:Ronald.Lotriet@nwu.ac.za).



Prof Tommy du Plessis, Direkteur van die Potchefstroom Besigheidskool.

