NWU n leier in navorsing






POTCHEFSTROOM - Die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) het onlangs die eerste fasiliteit van sy soort in die land geopen om die uitwerking van lugbesoedeling op plante te bestudeer.

Die Open-Top kamers (OTCs) is s ontwerp dat die reaksie op plante binne die gekontroleerde omgewing steeds so na as moontlik aan natuurlike toestande is. Die OTC-kamers is deur prof Gert Krger, plantfisioloog van die Potchefstroomkampus, en sy studente ontwerp en gebou.

Di navorsing maak die NWU n leier op die gebied van die bestudering van lugbesoedeling op gewasse en natuurlike plantegroei. Volgens prof Krger werk hulle ook nou saam met internasionale kenners van die Universiteite van York in die Verenigde Koninkryk en Gtenburg in Swede.

Die navorsing van prof Krger en twee nagraadse studente, Pieter Smit en Elmien Heyneke, fokus op stres-fisiologie van plante in n poging om plante se reaksie op omgewingstres (soos besoedeling) en die fisiologiese en biochemiese grondslag daarvan te bestudeer. Hierdie inligting is volgens prof Krger noodsaaklik vir beleidmaking ten opsigte van lugbesoedeling in Suid-Afrika.

Die NWU is aangewys as die ondersteuningsentrum vir die aktiwiteite van Air Pollution Information Africa (Apina) in Suidelike Afrika. Hierdie navorsing sluit ook aan by die NWU se navorsing op atmosferiese chemie onder leiding van prof Kobus Pienaar, Dekaan van die Fakulteit Natuurwetenskappe.

Die NWU het sowat R1,4 miljoen in die projek bel.



Die Open-Top kamers wat gebou is om die effek van lugbesoedeling op plante te bestudeer, is onlangs amptelik in gebruik geneem. Hier is proff Leon van Rensburg (Omgewingswetenskappe), Gert Krger (plantfisioloog), Maritte Lowes (Viserektor: Akademie), Amanda Lourens (Direkteur: Navorsingsondersteuning) en Annette Combrink (Rektor: Potchefstroomkampus).

