Twee navorsings-leerstoele vir NWU






POTCHEFSTROOM - Twee nasionale navorsings-leerstoele is pas deur die Departement Wetenskap en Tegnologie aan die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) toegeken.

Prof Okkie de Jager het die leerstoel in astro- en ruimtefisika ontvang en dr Holger Bettinger in toegepaste molekuulmodellering.

Prof de Jager het reeds twee keer (in 1988 en 1992) die presidentstoekenning van die Nasionale Navorsingstigting (NNS) ontvang en was vroer vanjaar in die internasionale span navorsers wat met die Descartes-prys vir wetenskap van die Europese Kommissie bekroon is.

Dr Bettinger is tans verbonde aan die Departement Chemie en Biochemie van die Ruhr Universiteit in Duitsland. Hy is ook reeds verskeie kere vir sy navorsingswerk in Duitsland bekroon en is lid van die Duitse en die Amerikaanse Chemievereniging.

Volgens prof Manie Vosloo van die Skool vir Chemie, is dit vir hulle n besondere eer om die leerstoel te ontvang en is hulle opgewonde oor wat dit vir uitbou van die navorsingsveld kan beteken.

Die leerstoele is deel van die Departement se landwye navorsingsleerstoel-inisiatief (SARChI).  Die SARChI-model word wreldwyd aanvaar in die ontwikkeling van navorsingsmoontlikhede om wreldklas navorsers na die land, asook gekwalifiseerde wetenskaplikes terug na die horonderwys sektor te lok.

Die departement beoog om 210 leerstoele teen 2010 te vestig.



