NWU bevorder Verpleegkunde in Afrika






POTCHEFSTROOM - Die Skool vir Verpleegkunde op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) het onlangs in samewerking met die Universiteit van Malawi die sewende jaarlikse kongres van die Tau Lambda-at-Large Chapter - Delivering Evidence-Based Nursing and Midwifery in Africa - in Llongwe, Malawi georganiseer.

Tau Lambda is die grootste ere-organisasie vir verpleegkundiges is maak deel uit van Sigma Theta Tau International (STTI). Lede van die organisasie word genooi om lidmaatskap te aanvaar en sluit die boonste 30 persent van top presteerders, asook leiers in Verpleegkunde in.

Tydens die kongres is prof Sebi Lekalakala-Mokgele as Visepresident van Tau Lambda (20072009) verkies.  Die Skooldirekteur, prof Hester Klopper, is sedert 2005 die sekretariaat-tesourier.

Tau Lambda deel STTI se visie om leierskap en wetenskaplikheid in die praktyk, onderrig en navorsing te bevorder.  Een van die belangrikste uitkomste van die kongres was die Malawi

Verklaring wat 'n implementeringstrategie voorstel om verpleegkunde en vroedvroue in Afrika te behou asook die ontwikkeling van verpleegkundiges om kundige sorg aan gemeenskappe te lewer.

Die volgende kongres van Tau Lambda vind in Eldoret, Kenia in Julie 2008 plaas.



Van links na regs is prof Judy Bruce (verkose President van Wits), me Marjorie Ngaunje (Minister van Gesondheid van Malawi), prof Hester Klopper (NWU) en dr Naomi Seboni (President van die Universiteit van Botswana).


