Innovasie






Nuwe idees en nuwe maniere om dinge te doen is ryklik beloon by n prestige-dinee wat onlangs gehou is toe die finaliste van die Universiteit se Innovasiekompetisie bekendgemaak is.

Hierdie toekenning vorm deel van n landwye soektog na die mees innoverende studente.  Die doel met die Nasionale Innovasiekompetisie, aangebied deur die Nasionale Innovasiefonds vir tegnologiese innovasie, is om entrepreneurskap te bevorder deur die kommersialisering van die innoverende idees van jong entrepreneurs.

Paulus Kruger, Barend Visser, Okkie de Jager en Gerhard Moerdyk het die eerste plek verower met hul projek, Automobile Ignition sytem; Uys Jonker, Johannes Bosman, Riaan de Bruyn en Attie Jonker het die tweede plek gekry met hul projek, JSI Revelation en Roelf Botha, Barend Visser, Okkie de Jager en Gerhard Moerdyk het met hul projek, Hardware Number Generation, die derde plek verower. Die top finaliste het onderskeidelik R50 000, R30 000 en R20 000 gewen. Hulle sal nou outomaties ingeskryf word vir die Nasionale Innovasiekompetisie waar hulle in aanmerking sal kom vir ng groter pryse en die geleentheid om hul idees te kommersialiseer met die ondersteuning van potensile borge en die Innovasiefonds se Kommersialiseringskantoor.

Volgens Rudi van der Walt van die Institusionele Innovasiekantoor het die reaksie op die kompetisie alle verwagtinge oortref. Ons slagspreuk, wees skerp  innoveer, het lewe gekry in hierdie kompetisie. Hierdie kompetisie sal net groter word.



Eerste plek wenners van die Nasionale Innovasiekompetisie.

