NWU beloon jong innoveerders






POTCHEFSTROOM  Die innovasiegees van die Noordwes-Universiteit (NWU) is weer eens gedemonstreer toe die wenners van die Jong Innoveerders-kompetisie, geloods deur die NWU se Innovasie-eenheid, op 18 Oktober 2007 tydens n glansgeleentheid in die Gallery op die Potchefstroomkampus aangekondig is.

Hans Viljoen, n graad 12-leerder van Gimnasium Horskool, het die eerste prys van R2 000 verower vir die perspekslamp wat hy ontwerp en gemaak het.

Ofelia Andrade and Simone Pears, graad 11-leerders van Potchefstroom Girls' High, was tweede en derde en het onderskeidelik R800 and R300 gewen.

Dit is vir ons belangrik om jong innoveerders reeds op n vroe ouderdom te identifiseer, aan te moedig en te ontwikkel, aangesien hulle ons innoveerders van die toekoms is, s kompetisie-organiseerder, me Susan van Rooyen van die Innovasiekantoor.

Met die oog op die kompetisie is die jong innoveerders by die Open Caf in Potchefstoom opgelei om Linux-sagteware te gebruik om hulle lampe te ontwerp. Die ontwerpe is daarna by die Ingenieursfakulteit se fabrikasielaboratorium (FabLab) op die Potchefstroomkampus van die NWU met behulp van Opensource-sagteware gefinaliseer, waarna die perspeks deur n CO2-laserpresisiesnyer gesny is.

Die Open Caf is n nie-winsgerigte internetkafee wat in die opleiding, verspreiding en tegniese ondersteuning vir Open Source-sagteware spesialiseer, terwyl die FabLab n wreldklasfasiliteit is waar mense  van skoolkinders tot ingenieurs  die unieke toerusting kan gebruik om bykans enige idee of produk te ontwerp, te ontwikkel, aanmekaar te sit of te toets.

Die Jong Innoveerders Kompetisie is gelyklopend met die Departement van Wetenskap en Tegnologie se Innovasiefondskompetisie vir studente van stapel gestuur. 





By die prysuitdelingsfunksie was, voor van links, mnr Pieter Tolmay, FabLab, Jessica Brink, High School for Girls, Potchefstroom, Simone Pears, High School for Girls, Potchefstroom, me Susan  van Rooyen, Innovasiekantoor, NWU, me Anna Dani, Open Caf, Ofelia Andrade, High School for Girls, Potchefstroom, en Johan Heath, Hor Tegniese Skool, Potchefstroom. Agter van links is Dawie Botha, Hor Tegniese Skool, Potchefstroom, Sarel Coetzee, Hor Tegniese Skool, Potchefstroom Innes Coetzee, Hor Tegniese Skool, Potchefstroom, Hans Viljoen, Horskool Gimnasium, Potchefstroom, (eerstepryswenner).


