NWU woon die Wreldkernkragvereniging se jaarlikse simposium by






POTCHEFSTROOM  Die Noordwes-Universiteit (NWU) se leierskap in kernwetenskap-onderrig en sy innoverende dryfkrag was in die kollig gedurende die onlangse Wreldkernkragvereniging se 32ste jaarlikse simposium wat by die Queen Elizabeth II-konferensiesentrum in Londen in die Verenigde Koninkryk gehou is.

Die NWU was die enigste Suid-Afrikaanse universiteit wat by hierdie internasionale simposium teenwoordig was, en is ook die enigste Suid-Afrikaanse universiteit wat lid is van die Wreldkernkragvereniging sowel as van die Wreld-Kernkraguniversiteit.

Afgevaardigdes van die Nagraadse Skool vir Kernwetenskap en -Ingenieurswese op die Potchefstroomkampus het die Universiteit op die simposium verteenwoordig, waar kenners onderwerpe soos die sienings van leiers in die kernkragbedryf, die wreldbrandstofmark  vraag en aanbod 2007-2030, die rol van kernkrag in die verskaffing van veilige energie, die skep van 'n betroubare bedryfstruktuur vir die kernkrag-renaissance, uraanmarkte en die slotfase van die brandstofsiklus bespreek het.

Die Nagraadse Skool vir Kernwetenskap en -Ingenieurswese is daartoe verbind om kerningenieurs te lewer wat aan internasionale standaarde voldoen en dit selfs oortref.

Die simposium het internasionale samewerkingsgeleenthede, spesifiek gerig op navorsing en opleiding, uitgebrei. Die NWU se teenwoordigheid by die simposium getuig nie slegs van die Universiteit se leierskap in kernwetenskapopvoeding in Suid-Afrika nie, maar bevestig ook opnuut sy volgehoue strewe om op die voorpunt van nuwe verwikkelinge in die kernenergiebedryf te bly.



Afgevaardigdes van regoor die wreld het die Wreldkernkragvereniging se simposium bygewoon.  Tweede van regs is me Elmarie Bester, die kommunikasiebeampte van die Skool vir Kernwetenskap en Ingenieurswese.



