Professor Gideon Greyvenstein ontvang dti-tegnologietoekenning






POTCHEFSTROOM  Prof Gideon Greyvenstein, Direkteur van die Nagraadse Skool vir Kernwetenskap en Ingenieurswese op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU), het n Tegnologietoekenning van die Departement van Handel en Nywerheid (dti) ontvang by n spesiale geleentheid wat onlangs by die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit in Port Elizabeth gehou is.

Prof Greyvenstein is as die wenner in die Program vir Tegnologie en Menslike Hulpbronne vir die Bedryf (THRIP) se kategorie vir Menslikehulpbron-ontwikkeling: Kwaliteit en Kwantiteit van Studente aangewys.  Hy het die toekenning ontvang vir die Korrelbed modulre reaktor (KBMR)-tegnologie-projek wat in vennootskap met die PBMR Maatskappy en M-Tech Industrial, n multidissiplinre ingenieursmaatskappy in Potchefstroom, ontwikkel en bedryf word.

As die wenner van n dti-tegnologietoekenning, voldoen die projek aan die doelwitte van die THRIP-program om die getal en gehalte van mense met toepaslike vaardighede in die ontwikkeling en bestuur van tegnologie vir die bedryf te verhoog. Die projek bevorder ook groter samewerking tussen horonderwys- en wetenskap- en ingenieurstegnologie-instellings.

KBMR-tegnologie is n ho-gehalte ingenieurs- en tegonologie-navorsingsprojek en die uitsette van hierdie projek sal n beduidende bydrae tot die ontluikende kernkragbedryf lewer, s prof Gideon Greyvensteyn.

Die KBMR-tegnologie-projek betrek meer as 20 voltydse nagraadse studente en bestaan uit drie KBMR-geborgde toetsfasiliteite. Hierdie fasiliteite is die Korrelbed-mikromodel (KBMM), die Hodruk-toetseenheid (HDTE) en die Hotemperatuur-toetseenheid (HTTE).





Prof Gideon Greyvenstein saam met dr Rob Davies, Adjunkminister van die Departement van Handel en Nywerheid, tydens die aankondiging van die dti-tegnologietoekennings.







