PUKfm die beste stasie in Noordwes






PUKfm, die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) se eie gemeenskapsradiostasie, het die Sonitus Community Radio Award in die Noordwesprovinsie gewen.

PUKfm (beskikbaar op 93.6 fm), het voorts onder die top tien gemeenskapsradiostasies in die land geindig en skuur nou skouers met stasies soos Jozi fm, Eastwave Radio en Radio Kragbron.

Die kompetisie het ten doel om die onderskeie stasies se gemeenskappe se betrokkenheid te meet. Die gemeenskapsradiostasies moes ook bewys dat hulle die mees innoverende, motiverende en opwindende programme en musiek vir hul onderskeie teikenmarkte bied.

 Ons is verheug daaroor om as  die provinsiale wenner uit die stryd te tree. Dit is 'n bewys dat ons toenemend 'n gevestigde radiostasie word waarin die gemeenskap verder kan bel, s mnr Edohan Burger, stasiebestuurder.

Wat volgens mnr Burger hierdie prestasie selfs meer merkwaardig maak, is die feit dat PUKfm se joggies vrywillig werk, en nie soos die meeste van die landwye teenstanders permanente personeel is wat vir hul dienste vergoed word nie.

PUKfm se luisteraarsgetalle het sedert 1 Februarie verlede jaar reeds twee keer verdubbel, en navorsing wat vroer vanjaar op die Kampus gedoen is, dui daarop dat die getalle tot 10 500 gestyg het.

