Help ons dink aan 'n slagspreuk vir ons nuwe logo!






Personeellede en studente van die Noordwes-Universiteit (NWU) word uitgenooi om deel te neem aan 'n kompetisie om 'n slagspreuk te vind wat, as deel van die handelsmerk-ontwikkelingsplan, die nuwe logo en handelsmerk-kern komplementeer.

Noudat die Raad die handelsmerk-implementering-plan goedgekeur het, gaan dit voor die wind met die ontwikkeling van die NWU se nuwe handelsmerk. Gedurende die volgende paar maande sal die nuwe logo en die handelsmerk met trots hul plekke inneem op skryfbehoeftes, aanwysingsborde, bemarkings- en kommunikasiemateriaal, sertifikate, kleredrag, seremonile drag en ander handelsmerk-raakpunte.

'n Slagspreuk is 'n institusionele posisionerende idee wat die wese van die handelsmerk vasvang en duidelik maak.  Dit druk die handelsmerk se betekenis op so 'n manier uit dat dit maklik herken en onthou sal word.

Die huidige slagspreuk ons doen dit reg, doing it right, re dira sentle is n die samesmelting maar vr die finalisering van die NWU se handelsmerk-strategie ontwikkel. Met die finale handelsmerk-strategie in plek, het die tyd aangebreek om 'n kragtige nuwe slagspreuk te vind wat saam met die logo en die handelsmerk-kern gebruik kan word.

Wanneer 'n finale posisionerende slagspreuk gekies en op ooreengekom is, sal dit deur die Institusionele Kantoor en die drie kampusse gebruik word vir institusionele boodskapoordrag en handelsmerk-vestiging.

Klik gerus op die plakkaat hieronder om in te skryf vir die slagspreukkompetisie, en so in aanmerking te kom vir n kontantprys van R5 000!

(Link: /opencms/export/NWU/html/gov-man/Branding/Brand_Competition_a.html)



