Die NWU Potchefstroom Besigheidskool steun koperasies






POTCHEFSTROOM - Die Potchefstroom Besigheidskool (PBS) aan die Skool vir Ekonomiese en Bestuurswetenskappe van die Noordwes-Universiteit (NWU) het onlangs 'n afdeling tot stand gebring wat alleenlik toegewy word aan koperasies. Prof Louw van der Walt, wat erken word as een van die mees kundige en praktykgerigte koperasiedeskundiges, staan aan die hoof van hierdie afdeling.

Die koperasie as besigheid het in die afgelope klompie jare in gewildheid toegeneem. Koperasies is nie slegs van toepassing op die landbousektor nie, maar kan ook 'n belangrike rol speel in die opheffing van gemeenskappe en die bevordering van die kleinsakesektor.

Die PBS het die behoefte aan praktiese opleiding en ondersteuning in hierdie sektor gedentifiseer, en volgens navorsing ondervind baie bestaande koperasies tans probleme om hul besighede operasioneel te hou. Die koperasie-afdeling het ten doel om 'n belangrike bydrae te lewer tot die voortbestaan van die koperasiesektor in Suid-Afrika.

Kontak gerus vir prof Van der Walt by (018) 299-1365 of e-pos: Louw.VanderWalt@nwu.co.za (Link: mailto:Louw.VanderWalt@nwu.co.za) vir meer inligting.



Prof Louw van der Walt, hoof van die koperasie-afdeling.

