Die beste in korporatiewe beheer






Die eerste plek wat die Noordwes-Universiteit (NWU) in 2007 se PriceWaterhouseCoopers-toekenning vir Uitnemendheid in Hor Onderwys (Korporatiewe Beheer) behaal het, getuig van die instelling se toewyding in sy strewe na beste praktyk ten opsigte van effektiewe bestuur en korporatiewe beheer.

Die NWU het gevorder van vierde plek verlede jaar tot in die eerste plek vanjaar, wat hy deel met die Sentrale Universiteit van Tegnologie (CUT).

In haar begrotingstoespraak vroer vanjaar het die Minister van Onderwys, me Naledi Pandor, ges 2007 is die jaar waarin ons uitnemendheid moet bevestig en middelmatigheid moet verwerp. Hierdie toekenning demonstreer ons toegewydheid aan voortreflikheid en ook dat ons voortdurend besig is om ons prestasievlak te verhoog, s prof Chris van der Walt, Institusionele Registrateur van die NWU.

Die kompetisie vind jaarliks plaas en het ten doel om horonderwysinstellings aan te moedig om daarna te streef om die hoogste standaarde in korporatiewe beheer te handhaaf en om aan die 2002-King II-verslag oor Korporatiewe Beheer in Suid-Afrika se beginsels vir goeie korporatiewe beheer te voldoen. Hierdie verslag beklemtoon die sewe beginsels van goeie korporatiewe beheer, naamlik dissipline, deursigtigheid, onafhanklikheid, toerekenbaarheid, verantwoordelikheid, billikheid en sosiale verantwoordelikheid.

