Hor Onderwys veroorsaak kettingreaksie in MIV-toetsing






Dr Theuns Eloff, Visekanselier van die Noordwes-Universiteit (NWU) en die nuwe voorsitter van Hor Onderwys Suid-Afrika (HESA), het sy verbintenis tot die Know Your Status, Each One Reach Five-veldtog getoon deurdat hy op 4 September 2007 openlik 'n MIV-toets ondergaan het by die kantore van die Horonderwys-VIGS-program (HEAIDS) in Pretoria, en weer by die NWU twee dae later.

Die veldtog, wat Vrywillige Berading en Toetsing (VBT) in die horonderwyssektor aanmoedig, word gekordineer deur HEAIDS, 'n gesamentlike inisiatief van die Departement van Onderwys en HESA, en word deur die Europese Unie befonds.

Die NWU se veldtog het vanaf die 3de tot die 7de September geduur, waartydens studente en personeel van die Institusionele Kantoor en al drie kampusse vrywillige toetsing ondergaan het.

Die toetsketting sal voortgesit word op kampusse regoor die land. In die bestek van drie weke sal kampusveldtogte by 13 horonderwysinstellings geloods word  onder leiding van hul raadslede, visekanseliers, studenteleiers, akademici en administrateurs wat gereed is om die daad by die woord te voeg en MIV-toetsing te ondergaan.

Ons het 'n groot verantwoordelikheid ten opsigte van ons studente om hul veilig deur hul studiejare te lei. Die beste manier waarop ons ongeveinsde besorgdheid oor die gesondheid en welstand van ons studente kan bewys, is om hulle deur ons voorbeeld te lei, s Dr Eloff.

Prof Brian OConnell (Visekanselier van die Universiteit van die Wes-Kaap), mnr Lucky Phosa, (President van die Suid-Afrikaanse Studente-Unie), prof Duma Malaza (Uitvoerende Bestuurder van HESA), dr Molato Qhobela (Adjunk-direkteur-generaal: Hor Onderwys in die Departement van Onderwys) en dr Shaidah Asmall (Direkteur van die Horonderwys-MIV/VIGS-program) het saam met dr Eloff meegedoen aan die HESA-toetsingsprojek.





Dr Theuns Eloff, Visekanselier van die NWU doen MIV-toetse tydens die nasionale Know Your Status, Each One Reach Five-veldtog.

