Oud-student komponeer requiem vir Suid-Afrikaanse slagoffers van misdaad en geweld






Hester van der Westhuizen, 'n oud-student van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus het 'n requiem spesiaal vir Suid-Afrikaanse slagoffers van misdaad en geweld gekoponeer.

Die wreldpremire van hierdie requiem is op Vrydag 17 Augustus 2007 in die Voortrekkermonument deur die Rheinberger-kamerkoor en die Oos-Randse Jeugkoor, soliste en 'n orkes-en-ensemble onder leiding van die dirigent Richter Grimbeek uitgevoer. Die nege bewegings van die requiem simboliseer die nege provinsies van Suid-Afrika.

Me Van der Westhuizen het haar BMus-graad aan die NWU verwerf en het komposisie onder prof Henk Temmingh bestudeer. Sy spesialiseer in komposisies en verwerkings vir kore en ensembles, wat al deur verskeie provinsiale kore soos die Noordwes-kinderkoor, Noordwes-universiteitskoor, Tukkie-jeugkoor, Oos-Randse jeugkoor en die Suidwes-Kaaplandse kinderkoor gesing is.

In 2006 het die Horskool Jeugland se meisieskoor 'n komposisie van me Van der Westhuizen by 'n internasionale koorkompetisie in Praag gesing. Verskeie van haar komposisies word ook gereeld deur skoolkore by ATKV-Applous-kompetisies gesing.

Requiem for the Victims of Crime and Violence in South Africa word in Desember in Duitsland uitgevoer deur die Oos-Randse Jeugkoor en die Maulbronner Kammerchor  gedirigeer deur Jurgen Budday. Die Rheinberger-kamerkoor voer die requiem in September in die Dias-museum in Mosselbaai uit.

