Dekaan se artikel verwerf prestige-toekenning






POTCHEFSTROOM Prof Kobus Pienaar, Dekaan van die Fakulteit vir Natuurwetenskappe op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) is die ontvanger van die Suid-Afrikaanse Chemiese Instituut (SACI) se Merck-medalje vir 2007.

Prof Pienaar het die toekenning ontvang vir n artikel op die terrein van Fisiese Chemie wat in die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Chemie gepubliseer is.  Die titel van die artikel, wat in 2005 verskyn het, is: Die kinetika van die silwer(l)-genduseerde oksidasie van chromium(lll) deur peroksodisulfaat.

In die artikel is ondersoek ingestel na die chemiese meganisme waarvolgens trivalente chroom na heksavalente chroom geoksideer kan word. Trivalente chroom is 'n spoorvoedingstof, terwyl heksavalente chroom 'n welbekende karsinogeen en toksiese vorm van chroom vir mens en dier is.

Die toekenning vir 2007, vir artikels wat tussen 2002 en 2006 in die tydskrif verskyn het, is aan prof Pienaar as senior skrywer van die artikel gemaak. Sy mede-skrywers was me AM Bogopane, NWU, dr GL Lachman, NWU, dr MSA Hamza, NWU en prof Rudi van Eldik van die Universiteit van Erlangen Nrnberg, Duitsland.



Prof JJ Pienaar

