Uitnodiging vir aansoeke vir 2008 se uitgebreide wetenskaplike en handelsprogramme






MAFIKENG  Die Mafikengkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) nooi graag, vir die tweede opeenvolgende jaar, alle voornemende en kwalifiserende kandidate wat in loopbane in die wetenskaplike en handelsrigtings belangstel, om sifting- en keuringsessies by te woon op 1 September.

In die NWU se strewe om toegang tot Hor Onderwys te fasiliteer, is dit die mikpunt van die Mafikengkampus om die nasionaal gedentifiseerde skaars vaardighede in die Handel en Wetenskap aan te spreek. Kwalifiserende kandidate kan na afloop van die sifting- en keuringsproses aansoek doen vir studie en registrasie aan die Mafikengkampus vir 'n BSc- of BCom-graad.

Die sifting van voornemende kandidate vind op 1 September 2007 vanaf 08:00 plaas in die Robinsonlokaal in die Great Hall langs die Administrasiegebou op die Mafikengkampus, in kamer G38 in die J Chris Coetzee-gebou op die Potchefstroomkampus, in kamer G02 in die Samancor-gebou op die Vanderbijlparkkampus, die PH Moeketsi Landbouskool in Taung, die Batlharo-Tlhaping Sekondre Skool in Kuruman, die Tlhabane Kollege in Rustenburg en die Ganyesa Primre Skool in Ganyesa. Kandidate moet gewaarmerkte afskrifte van hul matrieksertifikate of puntestate, en identiteitsdokumente of paspoorte, asook penne, potlode en uitvers saambring.

Die Gestandaardiseerde Assesseringstoets en Plasing-toetsing (SATAP-toetsing) van kwalifiserende kandidate sal op 15 September 2007 vanaf 08:00 plaasvind, en die voltooiing van aansoekvorms deur suksesvolle kandidate op 13 Oktober 2007, by bogenoemde lokale.

Kandidate moet die Mafikengkampus voor of op 29 Augustus 2007 kontak om te verseker dat hulle vir die SATAP-toets kwalifiseer, veral indien hulle nie die siftingsgeleenthede kan bywoon nie.

Vir verdere navrae, kontak mnr Kenny Nkgothoe - kenny.nkgothoe@nwu.ac.za (Link: mailto:kenny.nkgothoe@nwu.ac.za), (018) 389 2339, of me Tlaki Mokoena, tel: (018) 389 2054, faks: (018) 389 2593.







