VDK die gasheer vir VSSA-kongres






VANDERBIJLPARK  Die Vaaldriehoekkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) is vanjaar gasheer vir die 29ste jaarlikse kongres van die Vereniging vir Studentevoorligting in Suider-Afrika (VSSA).

Die kongres sal vanaf 17 September tot 21 September plaasvind en besoekers van regoor die land, sowel as van lande soos Brittanje, Swede, Australi en Amerika, word verwag.

Die tema vir die kongres is: Student Counselling: A positive proactive view on the future. As diensorganisasie het die VSSA sedert sy totstandkoming in 1978 daartoe bygedra om 'n platform te stel vir studentevoorligters, van wie sommige professionele sielkundiges van verskeie tersire instellings is, om die hoogste moontlike vlakke van professionele dienslewering en internasionale normering te verseker.

Een van die belangrike funksies wat Studentevoorligting op tersire vlak vervul, is di van beroepsleiding en voorbereiding. In 'n poging om die studente te bemagtig, word standhoudende werksverhoudinge met potensile werkgewers opgebou, terwyl beroepsadvertensies op studentewebblaaie geplaas word, loopbaanskoue geloods word, studente voorberei word vir die werksoekproses, en daar geskakel word tussen potensile werknemers en werkgewers.

Ng 'n belangrike fokusarea is die belangrike kwessie van deurvloei.  Studentevoorligting moet die nodige buitekurrikulre ondersteuning bied om te verseker dat studente se potensiaal ten volle ontgin word.

Die hoogtepunt van die kongres is die Uitnemendheidstoekennings wat tydens 'n gala-geleentheid op 21 September aangekondig sal word. Hierdie geleentheid sal deur onder meer die Visekanselier en die onderskeie kampusrektore van die NWU asook ander tersire instellings bygewoon word.

Vir meer inligting, skakel mnr Harm Stavast by (016) 910 3194 of 083 227 4592.







